Ronaldo laat United glimlag

Cristiano Ronaldo vier gister een van sy doele teen Arsenal. Foto: Twitter.

Die Portugese sokkersuperster, Cristiano Ronaldo, het gister nie net gesorg dat die vreugdevure hoog in die Manchester United-kamp brand nie, maar hy het terselfdertyd sy merkwaardige loopbaanstatistiek ’n hupstoot gegee.

Die 36-jarige speler het twee doele in United se sege van 3-2 teen die Gunners aangeteken. Dit was onderskeidelik die 800ste en 801ste doele van sy spogloopbaan.

Hy het die prestasie in sy 1 095ste wedstryd behaal. En dit lyk nie of hy van plan is om binnekort sy sokkerstewels weg te bêre nie.

“Motivering gaan ’n groot rol in my uiteindelike uittrede speel. Fisiekgewys kan ek aanhou speel totdat ek 40 jaar oud is,” het Ronaldo vroeër gesê.

“Ek dink my gemoedstoestand gaan die uiteindelike sê hê tussen aanhou speel en uittrede. Alles het ’n begin en ’n einde; ek kan ook nie vir ewig speel nie. Maar tans voel ek nog sterk en ek wil graag nog sokkerwedstryde wen.”

  • Hoeveel doele Ronaldo per span aangeteken het (inligting te danke aan ESPN):

Sporting CP: 5 doele

Manchester United: 130 doele

Real Madrid: 450 doele

Juventus: 101 doele

Portugal: 115 doele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.