SA beweeg nader aan Davisbekerdroom

davis-cup-logoDit is net ʼn klein treetjie, maar Suid-Afrika het in die naweek se Davisbekerwedstryd by die Irene-buiteklub teen Estland naderbeweeg aan hulle langtermyn-doelwit.

Die Suid-Afrikaanse Davisbekerspan het naamlik vanaf Vrydag in Irene hulle eerste wedstryd in Groep Twee van die internasionale mans-spankompetisie 4-1 gewen.

Hulle sal in April in die twee ronde weer in Suid-Afrika speel, dié keer teen Slowenië.

Suid-Afrika streef daarna om weer in die Wêreldgroep te speel, iets wat nog ʼn paar jaar kan neem.

♦  Suid-Afrika het Vrydag die twee enkelspelwedstryde gewen en 2-0 voorgeloop. Jürgen Zopp, Estland se beste speler, kon weens ʼn besering nie sy wedstryd voltooi nie en het ook nie verder aan die kragmeting deelgeneem nie. Lloyd Harris het 6-4, 6-3, 6-2 teen Vladimir Ivanov gewen en Zopp was 6-4, 4-6, 3-6 agter teen Nik Scholtz toe hy onttrek het.

♦  Suid-Afrika het die spanwedstryd Saterdag al beklink toe hulle ook die dubbelspel gewen het en 3-0 in die kragmeting voor was. Raven Klaasen en Ruan Roelofse het teen Kenneth Raisma en Mattias Siimar gespeel en hulle 6-7, 6-3 6-4, 7-5 geklop.

♦  Sondag het twee 19-jariges mekaar gepak. Suid-Afrika se voorste speler, Lloyd Harris, het Mattias Siimar 7-5, 6-3 geklop.

In die laaste wedstryd het Vladimir Ivanov vir Nik Scholtz 7-6 (7/3), 6-3 geklop om vir Estland hulle punt te verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.