Kyk: SA dodgeball-span 16de ter wêreld gekeur

Van Suid-Afrika se Dodgeball-spelers in aksie. Foto is verskaf.

“As jy vir ’n moersleutel kan koes, kan jy waarskynlik ook vir ’n bal koes,” sê Patches O’Houlihan vir Vince Vaughn se karakter in die 2004-komedie Dodgeball.

Nou in sonnige Suid-Afrika waar rugby, sokker en krieket hoogty vier, het mense tien teen een nie té veel aandag aan die stukkie wyse sportraad gegee nie.

Maar raai wat? In Suid-Afrika is daar sowat 200 geregistreerde trefbal (dodgeball)-spelers én die nasionale span is 16de in die wêreld gekeur. Boonop sal hulle in Julie by die Wêreldbekertoernooi in Kaïro in aksie wees.

Iewers het iemand dus na ou Patches geluister.

“Daar is tans sowat 200 geregistreerde spelers – van skoolkinders tot nasionale spelers. Maar daar is beslis baie meer spelers; baie universiteite, skole en werksplekke gebruik dodgeball as ’n spanbou-aktiwiteit,” sê Dodgeball SA se besturende direkteur, Nicholas Oebell.

Die Suid-Afrikaanse nasionale span is tans 16de ter wêreld en sal op 16, 17 en 18 Julie aan die Wêreldbekertoernooi in Kaïro deelneem.

“Oostenryk is tans die sterkste internasionale span en ons ouens oefen so twee keer per week op die baan en so ʼn paar keer per week aan hul fiksheid en vaardighede.”

Volgens Oebell is  trefbal ’n sport vir enigiemand, maar jy moet nogal jou fiksheidstorie ken as jy op die internasionale verhoog wil deelneem.

Is dit dus die waarheid dat as jy suksesvol uit die pad van ’n moersleutel kan spring, jy ook vir ’n bal kan koes?

“Ons het dit nog nooit werklik probeer nie,” sê hy laggend. “Maar ek is seker jy sal ’n briljante speler wees as jy nie eers in die hospitaal eindig nie!”

Wanneer só ’n bal jou in die gesig tref, met ander woorde as jy té laat gekoes het, kan dit nogal seer wees. Tog sê Oebell dat jou neus nie sommer in die slag sal bly nie.

“Dit is veilig, maar nogal ongemaklik wanneer die bal jou in die gesig tref. Dit kan ook vir baie snaakse oomblikke sorg!”

  • Diegene wat by die sport betrokke wil raak of meer inligting verlang, kan www.dodgeballsa.com besoek.

2019 Dodgeball African Cup Promotional Video

On the 22nd and 23rd November, South Africa will be taking on Egypt at the 2019 Dodgeball African Cup! Come support SA and help us make it into the 2020 World Cup! Tickets can be bought here: https://www.quicket.co.za/events/87328-dodgeball-african-cup-2019/?fbclid=IwAR3eFU0T7Us0m1K69lW45cERYjkEaUqGcOK5b50aDrJJru5kVjlrqzouMtU#/

Posted by Dodgeball SA on Friday, October 25, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.