Suid-Afrika sal twee spanne in die internasionale Diamant-uitdaagreeks hê wat Sondag in Durban begin. Uganda en Zimbabwe neem ook deel.
Dit is op die aandrang van die Proteas se afrigter, Norma Plummer, dat daar vanjaar ook ʼn SA Presidentspan gekies is om deel te neem. Sy meen dit is goed om met die oog op die Statebondspele en die Wêreldbekertoernooi meer spelers aan internasionale netbal bloot te stel en om sodoende ook diepte in Suid-Afrikaanse netbal te ontwikkel.
Plummer sê die afgelope oefenkamp het goed verloop en meen dit is ʼn pluspunt as die spelers teen mekaar vir ʼn plek in die nasionale span wedywer.
Daar is net twee veranderinge in die Proteaspan wat sowat ʼn maand gelede in Australasië in die vierhoekige toernooi teen Nieu-Seeland, Australië en Engeland gespeel het.
Juline Rossouw en Vanes-Mari du Toit vervang Rochelle Lawson (wat gaan trou) en Jeanie Steyn wat in die Presidentspan sal speel.
Proteas:
Lenize Potgieter, Renske Stoltz, Sigrid Burger, Vanes-Mari du Toit, Izette Lubbe, Bongiwe Msomi, Erin Burger, Precious Mthembu, Karla Mostert, Juline Rossouw, Zanele Vimbela, Phuma Maweni
Presidentspan:
Ina-Mari Venter, Thuli Nhleko, Elsunet du Plessis, Lindie Lombard, Rome Dreyer, Marlize de Bruin, Nadia Uys, Tshina Mdau, Tanya Mostert, Nobubele Phuza, Simphiwe Sithebe, Jeanie Steyn, Alicia Puren
In watse sport??
Dagsê Jan
Die artikel meld dat dit netbal is.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media