SA Muurbal Ope begin in Kaapstad

Die SA Ope is tans in Kaapstad aan die gang. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se naasvoorste muurbalspeler, Christo Potgieter, het sy rieme teen Egipte se Abdallah Elmasry tydens die Growthpoint SA Ope in Kaapstad styfgeloop.

Van die beste spelers in die land sal gedurende die toernooi kragte teen sterk internasionale teenstanders, soos Frankryk se Lucas Serme en Egipte se Salma Youssef, meet.

Agt wedstryde het op die eerste dag plaasgevind met die doel om te bepaal wie gaan teen die agt gekeurde spelers in die volgende ronde speel.

’n Ietwat voorspelbare dag het sonder enige drama verloop, tot die finale wedstryd toe Potgieter vir Elmasry – 452ste op die wêreldranglys – aangevat het.

Die eerste stel het 16 minute geduur en albei spelers het sterk vertoon, tog het die Egiptenaar dié ronde met 16-14 gewen. Potgieter het egter die volgende stel met 11-7 gewen om dinge gelykop te maak.

Ongelukkig vir die Suid-Afrikaner kon hy nie op sy momentum voortbou nie en hy het die daaropvolgende stelle met 11-6 en 11-2 verloor.

Die spelers wat na die kwarteindstryde deurdring, sal na die V&A Waterfront-bane reis – ’n arena waar die regte aksie sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.