SA roeiers wil golwe in Marokko maak

Suid-Afrika se Chrisjan Coetzee laat die water spat Foto: Verskaf.

Suid-Afrika se roeiers het pas van die Wêreldkampioenskap in Szeged (in Hongarye) teruggekeer en hoewel niemand ’n Olimpiese kwalifiserende tyd losgeroei het nie, sal hulle nou alles in die stryd werp om met ’n paar medaljes van die Afrikaspele huiswaarts te keer.

In Hongarye het Esti van Tonder die C-eindstryd van die vroue se 1 500 m K1-item gewen, terwyl Chrisjan Coetzee derde in sy 200 m-item was.

“Dit is ongelooflik om hierde Olimpiese kwalifiserende toernooie dop te hou omdat die standaard net skielik soveel hoër is,” het Kim Pople van Kanovaart Suid-Afrika gesê.

“As jy kyk hoe ons span gevaar het met so te sê geen ondersteuning nie, teen spanne wat oorgenoeg ondersteuning geniet, is dit verstommend wat ons roeiers vermag het.”

Suid-Afrika se roeispan na die Afrikaspele:

  • Esti van Tonder
  • Bridgitte Hartley
  • Donna Hutton
  • Nosipho Mthembu
  • Chrisjan Coetzee
  • Louis Hattingh
  • Jarryd Gibson
  • Alex Masina

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.