SA ryg medaljes by Wêreld-universiteitspele in

Tatjana Schoenmaker. Foto: Reg Caldecott.

Die Wêreld-universiteitspele het tot ’n einde gekom en Suid-Afrika het 18 medaljes verower.

Dit is die meeste wat die land se student-atlete nog by die Spele verower het.

Die Tukkie-swemmer, Tatjana Schoenmaker, het lekker in die water baljaar en goud in die 200 m-borsslag losgeswem. Sy het vroeër in die toernooi ook die 100 m-borsslagitem gewen.

Vyf van Suid-Afrika se ses goue medaljes is in die swembad verkry. Buiten die skitterende Schoenmaker, het Tayla Lovemore die 50 m- en 100 m-vlinderslagitems gewen, terwyl Zane Waddell eerste in die 50 m-rugslag klaargemaak het.

Milton Kekana het vir die laaste goue medalje gesorg toe hy die 10 000 m-finaal gewen het, met Adriaan Wildschutt wat derde in dieselfde item geëindig het.

Rantso Mokopane en Ashley Smith het verder amok in die 3 000 m-hindernisfinaal gemaak, toe hulle onderskeidelik tweede en derde oor die wenstreep gehardloop het.

Nadat die land twee jaar gelede 44ste op die medalje-tabel geëindig het, het hulle vanjaar in Italië ’n skaflike 10de plek beklee.

  • Suid-Afrika se vorige beste poging was gedurende die 2013-Spele in Kazan, toe hulle 14 medaljes gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.