SA se gholfspan, junior hokkievroue sak uit

Argieffoto

Argieffoto

Die Wêreldbeker-gholftoernooi het Sondag in Melbourne ten einde geloop met die Suid-Afrikaanse span van Jaco van Zyl en George Coetzee wat in ʼn gedeelde 13de plek geëindig het.

Hulle het 11 houe agter die Deense wenners, Soren Kjeldsen en Thorbjørn Olesen, geëindig. Die wenners se telling oor die vier rondes was 20 onder baansyfer.

Van Zyl en Coetzee het ʼn goeie vierde ronde van 66 gespeel, maar was nie bestendig genoeg oor die vier rondes om hond haaraf in die toernooi te maak nie.

Daar het 28 spanne aan die toernooi deelgeneem.

♦  Die Suid-Afrikaanse span het Saterdag in Santiago, Chili, by die Wêreldbekertoernooi  vir junior hokkievroue heelwat beter in die tweede wedstryd gevaar deur naelskraap 1-2 teen Chili te verloor nadat hulle 0-7 teen Australië slae gekry het.

Die laaste groepwedstryd is Maandag teen Engeland waar slegs ʼn onwaarskynlike groot oorwinning die SA span uit die laaste plek sal hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.