SA se Kevin dring deur na Wimbledon-halfeind

Kevin Anderson (Foto: @Wimbledon, Twitter)

Kevin Anderson het die eerste Suid-Afrikaner in 35 jaar geword om die halfeindronde van Wimbledon te haal.

Anderson (32) het die eerste gekeurde Roger Federer van Switserland geklop met 2-6, 6-7(5), 7-5, 6-4, 13-11.

“Ek het my bes probeer om aan te hou baklei. Om Roger Federer by Wimbledon te klop is iets wat ek nie sommer sal vergeet nie,” het Anderson ná die wedstryd gesê. “Ek het net vir myself gesê ek moet aanhou, en soos wat die wedstryd voortgeduur het, het ek vir myself bly sê dis my dag.”

Kevin Curren het in 1983 tot die finaal deurgedring. Curren het in 1985 ook na die finaal deurgedring, maar was in daardie stadium reeds ʼn Amerikaanse burger.

Novak Djokovic van Serwië het reeds sy plek in die halfeind verseker nadat hy met Kei Nishikori van Japan afgereken het. Rafael Nadal (Spanje) en Juan Martín del Potro (Argentinië) en Milos Raonic (Kanada) en John Isner (Amerika) spook intussen sake uit vir hul plek in die halfeind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anderson ondersteuner ·

so bly vir hom. Hy lyk na so n nederige ou. Wat hard Werk. Ek hoop hy wen die beker die jaar.

Sarah de Beer ·

Pragtig, Kevin, was ‘n magtige stryd en jy is ‘n waardige wenner!! Geluk en baie sterkte en voorspoed vorentoe.

Henry ·

Wonderlik Kevin!
Kophou en koel wees.
Gaan moeilik wees, maar mag jy tot die bittereinde aan die wenkant wees.

Mary=Anne ·

Welgedaan, jy maak ons super trots. En ek hoop die klomp wat maandag aand so baie te se gehad het dat jy dit nooit sal maak nie en ook chokers se monde is nou gesnoer. Sterkte met die volgende wedstryd.

mirrie raubenheimer ·

WOW!!!kevin , jou ou doring. baie geluk! toe wys die boertjie die semi-boertjie die hakke. opwindende game.

volla ·

Fantastiese prestasie om Federer op Wimbledon te klop. Ek het nie geweet Kevin Curren het in 1983 ook in die finaal gespeel nie.

Rupert Ashford ·

Dit is nou een van daardie tye waar mens gelyk hartseer en bly is.

nico k ·

Ek het self nie een oomblik gedink hy sal Federer wen nie. Skuus Kevin, ek vra om verskoning dat ek jou onderskat het. Oor die geskiedenis wil ek net sê dat volgens my geheue was Curren in 1983 net in die halfeindstryd.

Henry ·

Vikkeerd nico k.
Curren het in die eindronde teen ‘n 19 jarige Duitser – Boris Becker – in die stof/gras gebyt.

Anoniem ·

Kevin, met jou “never say die” houding is jy ‘n wonderlike voorbeeld vir jou pessimistiese landgenote. Ons moet soos jy aanhou baklei om SA ‘n beter plek te maak, al is die odds teen ons.

Van harte geluk met gister se oorwinning!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.