SA slaan af in die Davisbekerreeks

Nik Scholtz. Foto youtube

Nik Scholtz. Foto youtube

Estland en Suid-Afrika takel mekaar Vrydagoggend (10:00) by die  Irene-buiteklub buite Pretoria in die Davisbekerkompetisie.

Dit is nie ʼn kompetisie waar Suid-Afrika naastenby ʼn gunsteling is nie. Die span is agste in Groep 2 van die Euro/Afrika-sone in die Davisbekerkompetisie gekeur en hulle teenstander Estland is ongekeur.

Te oordeel hierna behoort die tuisspan na die volgende ronde deur te dring.

Die kragmeting begin Vrydag met twee enkelspelwedstryde. Nik Scholtz, die naasbeste enkelspeler in die SA span, speel teen Estland se sterkste speler, Jürgen Zopp.  Lloyd Harris sal daarna  Estland se naasbeste, Vladimir Ivanov, aandurf.

Saterdag word die dubbelspel vanaf 12:00 gespeel. Raven Klaassen en Ruan Roelofse van Suid-Afrika sal teen Kenneth Raisma en Mattais Siimar kragte meet.

Klaassen is tans elfde op die wêreldranglys vir dubbelspel en is pas terug van die Australiese Ope waar hy en sy maat in die kwarteindronde van die gemengde dubbels uitgeskakel is.

In Sondag (vanaf 10:00) se omgekeerde enkelspelwedstryde is dit krag teen krag wanneer die nommer-eens van die twee spanne teen mekaar aantree met die tweede gekeurdes wat mekaar ook pak. Harris speel teen Zopp en Scholtz teen Ivanov.

Scholtz is 522ste op die wêreldranglys en Tucker Vorster 664ste.

Wayne Ferreira staan die span in raadgewende hoedanigheid by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.