SA sukkel by twee Wêreldbekertoernooie

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika het Donderdag, op die eerste dag van twee Wêreldbekertoernooie, gesukkel, met die SA vrouehokkiespan wat in Chili met 0-7 teen Australië verloor het en die gholfspan, wat in Melbourne na die eerste ronde 25ste uit 28 spanne was.

Soos met die hokkie, sal dit ʼn buitengewone poging van Suid-Afrika verg om gholf se Wêreldbeker te wen. Jaco van Zyl en George Coetzee het in die tweede ronde hul eersteronde-telling van 76 vroeg Vrydagoggend (SA tyd) met 66 opgevolg en lê nou 18de, 10 houe agter die Sweedse span van Søren Kjelsen en Thorbjørn Olesen, maar die titel lyk buite die SA-span bereik.

♦ Suid-Afrika se hokkiespan het in hul eerste wedstryd teen Australië met 0-7 slae gekry by die Junior Wêreldbeker (vroue) in Santiago, Chili. Dit was die kampioenspanne van Afrika teen Oseanië en die uitslag was nie ʼn verrassing nie.

Op die eerste dag van die toernooi is 41 doele in ses wedstryde aangeteken. Die VSA het die hoogste telling aangeteken, van 10-0 teen Zimbabwe. ʼn Vasberade Chileense span het Engeland tot ʼn oorwinning van 1-0 beperk.

Suid-Afrika speel Saterdag teen Chili en moet wen om steeds ʼn kans te staan om die kwarteindronde te haal en daarna ook vir Engeland klop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.