SA swemmer veroorsaak opskudding

Zane Waddell. Foto: (AP Photo/Lee Jin-man)

Zane Waddell het Sondag Suid-Afrika se eerste goue medalje van die Wêreldswemkampioenskapreeks in Suid-Korea gewen.

Waddell (21) het ʼn opskudding veroorsaak toe hy die 50 m-rugslag in ʼn persoonlike beste tyd van 24,43 sekondes gewen het en is nou die wêreldkampioen in dié item.

Die Rus Evgeny Rilov en sy landgenoot en die wêreldrekordhouer, Kliment Loeshnikov, was onderskeidelik tweede en derde.

Waddell het sy plek in die finaal bespreek toe hy derde in die semifinaal in 24,72 sekondes klaargemaak het.

Suid-Afrika het nou vier medaljes nadat Tatjana Schoenmaker vroeër ʼn silwermedalje in die 200 m‑borsslag verower het. Chad le Clos het reeds twee bronsmedaljes gewen in onderskeidelik die 100 m- en 200 m-vlinderslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

kolla ·

Mooi man. Wys jou net, enige iets kan in ‘n finaal gebeur. Derde in sy semi-finaal en duidelik nie een van die gunstelinge nie, dis nou wat mens BMT noem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.