SA waterpolospan speel gelykop teen Nieu-Seeland

Die SA waterpolospan het gelykop teen Nieu-Seeland gespeel. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se manswaterpolospan het Woensdag welverdiend gelykop teen Nieu-Seeland by die 18de Fina Wêreldkampioenskap in Suid-Korea gespeel.

Die eindtelling van 8 – 8 is so te sê ligjare beter as hul poging in hul vorige wedstryd, toe hulle Dinsdag 4 – 17 teen die einste Kiwi’s verloor het.

“Dit is ’n vreemde gevoel, maar ons is terselfdertyd baie tevrede én teleurgesteld met die uitslag. Maar om gelykop by die Wêreldkampioenskap te speel, is eintlik ongelooflik,” het die span se kaptein, Etienne le Roux, gesê.

“Ons het goed vertoon, maar het ongelukkig ʼn bietjie stoom teen die einde van die kragmeting  verloor.”

Le Roux het een van doele aangeteken, terwyl Timothy Rezelman (twee), Jason Evezard (twee), Nicholas Rodda (twee) en Dylan Cronjé (een) vir die ander verantwoordelik was.

Nieu-Seeland se doele is deur Matthew Small (twee), Matthew Lewis, Ryan Pike, Nicholas Stankovich, Anton Sunde, Sean Bryant en Matthew Bryant aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

A ·

Hoop julle kry ook nou baie geld omdat julle in die eindronde gespeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.