SA’ner belig plaasmoorde ná oorwinning tydens UFC-buiging

Dricus du Plessis. Foto: Twitter.

Suid-Afrikaanse sportliefhebbers het die afgelope paar maande min gehad om oor te glimlag, maar Dricus “Stillknocks” du Plessis het soos ’n Elvis Blue-liedjie gemaak en vir almal weer rede gegee om te glo.

Die 26-jarige uitblinker in gemengde gevegskuns het amok in sy Ultimate Fighting Championship-buiging teen Brasilië se Markus Perez gemaak toe hy die geveg in die eerste ronde op Dana White se Fight Island in Abu Dhabi gewen het.

Perez het gedurende die voorafgaande weegsessie sy gesig soos die Joker opgemaak, maar dit was Du Plessis wat ná net meer as vier minute laaste gelag het.

Hoewel die meer ervare Perez sterk begin het, het Du Plessis vinnig sy voete gevind en op die aanval oorgeslaan. Een van sy opstoppers het die Brasiliaan góéd getref en die gevegbeampte het kort daarna die aksie stopgesit.

Hy is ook een van die EFC se sterre en is vol lof vir sy Suid-Afrikaanse ondersteunerspan. Foto: Verskaf.

Dit was ’n verstommende oorwinning vir die man wat in Pretoria aan sy vaardighede slyp en hy het ná afloop van die geveg ook sy stem oor plaasmoorde dik gemaak.

“Suid-Afrika gaan tans deur ’n moeilike tyd met plaasmoorde wat hoogty vier; mense word daagliks vermoor,” het Du Plessis gesê.

Hy het bygevoeg dat die internasionale gemeenskap dalk nie van alles bewus is nie en dat hy sy platform wil gebruik om mense in te lig.

“Kom ons stop die plaasmoorde. Ek wil hê die wêreld moet sien wat in Suid-Afrika gebeur. Dit is só ’n mooi land en dit word deur dinge soos dié geruïneer. Kom ons staan saam as land om dit te oorwin.

“Ek is gereed vir die groot verhoog en binnekort sal die hele wêreld weet wie Stillknocks is,” het hy vóór die Perez-geveg gesê.

Nou ja, ná gisteraand het hy baie nuwe ondersteuners gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lourens CFG ·

Veels geluk met jou oorwinning Dricus, en dankie dat jy jou stem opbring oor die plaasmoorde.
Die boere het nodig dat dit wêreldwyd laat hoor word.
Baie seën vorentoe.

Dries ·

WONDERLIK, WONDERLIK .Buig nie die knie soos Pienaar en sy trawante nie

Adeline ·

Hierdie man is tweemaal ‘n HELD, eerste in Sport en tweede in sy Hart (gees) as ‘n ware dapper BLANKE Suid-Afrikaner en het eerstens gebruik gemaak van sy vuiste en tweede van die SWAARD in sy mond wat seker wêreld wyd ‘n groot indruk en verskil vir BLANKE Suid-Afrikaners gemaak het – Hy het definitief meer leierskap kwaliteite en trots om BLANK Suid-Afrikaner te wees. Daar is soveel ander leiers van die voos vrot politiek wat praat praat praat, en niks verander nie die moorde gaan rustig voort terwyl hulle kompromie probeer aangaan en daadwerklike verandering vind nie plaas nie.
Saamgevat staan sy optrede soos ‘n paal bokant die swart verskeie politiek en ander organisasies uit – ek persoonlik is breë bors trots op hom en haal my hoed in eerbied vir hom af.
Dricus “Stillknocks” du Plessis, baie geluk en jy het beslis my respek en bewondering gewen.

Trotse Boervrou ·

Dricus, dankie is so klein woordjie maar dankie dat jy sonder skroom opgestaan het en op hierdie platform jou stem laat opklink het teen plaasmoorde. Baie respek vir jou. Hoop ander sportmanne en -vroue volg jou dapper voorbeeld.

My siening ·

Baie dankie die wereld moet weet wat aangaan in die land! Dis ons land ook malema maar jy breek af maar ons bou gelukkig vinniger op!

Gemaskerde Sopbeen ·

Pragtig en dankie vir jou moed om soos ‘n stem in die woestyn te roep.

Hano ·

Hierdie man het dalk nou Meer reg gekry as al die optogte en petisies saam. Trots op jou Dricus.

Reynier ·

Ek weet nie hoekom nie maar terwyl ek die berig lees en jou video kyk loop die trane. Ek ‘n volwasse man!!! Trots om jou as landgenoot te hê,, trots op jou omdat jy opstaan voor die wêreld en die waarheid praat en trots op jou oorwinning. Welgedaan Dricus mag daar nog vele oorwinnings wees.

Snowball ·

Dricus! Jou doring! Mag ander jou voorbeeld volg, jy is ‘n Suid Afrikaner duisend!

Jaco ·

Mag hy dan Internasionaal aan dié sport deelneem? Wat dan nou van raskwotas?

Daleen ·

Dis die voordeel van individuele sport (nie spansport nie) hy neem besluite oor sy toekoms en hy het borge nie unies wat soos marionette na regering se pype dans nie.

Martin ·

Baie geluk en dankie dat jy nie skaam is om die waarheid te praat nie

Lorna ·

Boeta jy laat my hart oorloop van trots
Baie geluk met oorwinning

jou gewete ·

Baie baie geluk met jou oorwinning maar BAIE DANKIE vir wat jy vir Boere gedoen het.So sal wereld moet kennis neem van wat hier aangaan.jy is n WARE HELD

Daleen ·

Ken vir Dricus vandat hy EFC as nuweling betree het en van ons vriende hom beginne borg het. Hy is die nederigste mens met die mooiste maniere en hart. SO trots vandag Dricus jy was nog altyd my held maar vandag haal ek my hoed vir jou af wat ‘n baie sensitiewe saak aangespreek het op die internasionale platform wat weereens wys jy dink aan ander meer as jouself. Mag die Here jou seen en baie geluk met jou wen.

Michael ·

Nou hoekom sal hierdie aanmerking een negatiewe gradering kry?

Flip ·

Baie geluk Dricus, ek is SUPER trots op jou nie net vir jou oorwinning nie, maar dat jy opstaan vir jou mense. Jy is meer n man as wat pienaar OOIT kan droom om te wees.

Schalk ·

Kan jy nou meer, die is toe nie groot genoeg nuus vir News24 nie. Nie eens ‘n woord hieroor nie.

Geluk Dricus! Staan trots!

Michael ·

News en Netwerk 24 soek net sensasie. Lankal Netwerk intekening kanselleer, en News 24 lees ek glad nie meer nie.

Genis ·

Give that man a Bells.. baie beter as die rugby en krieket gatkruipers…

Net ek ·

Well done jong man. waar is al die rugby en krieket spelsers wat ook ‘n platvorm het? waar is al die knie buigers , keur hulle dit goed???

Magda ·

Dricus jy’s ‘n Yster!! Baie geluk met jou oorwinning dit wil gedoen wees. Baie dankie dat jy oor die plaasmoorde gepraat het kan sien daar klop ‘n boerehart in daardie borskas. Hou so aan mag jy nog sommer baie titels wen, trots op jou!

JBN ·

Baie dankie Dricus. Jy is n ware held. Dankie dat jy n goeie voorbeeld stel vir francois pienaar en sy knie-buigende handlangers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.