Sani-speke is weer aan’t sing

Foto: Verskaf.

Die KAP Sani2C-wedren het vandeesweek by die Glencairn-plaas naby Underberg begin en ongeveer 1 000 deelnemers het die eerste skof van 82 km na die MacKenzie-buiteklub naby Ixopo aangepak.

Marc Pritzen, die verdedigende Kaapstadfietstoer-kampioen, was die eerste individuele deelnemer by die skofeindpunt met ʼn tyd van 02:54:40. Die spanafdeling het vir ’n lekker jaagtog na die einde gesorg, met drie spanne wat in min of meer dieselfde tyd klaargemaak het.

“Dit was ’n taktiese affêre en ons het geweet dat ons genoeg krag met oorhê om met ’n sterk eindpoging vorendag te kom,” het Arno du Toit van die Insect Science-span gesê.

In die vroueafdeling het die ervare span van Robyn de Groot en Kim le Court stof in hul mededingers se oë geskop en hulle was amper 20 minute voor die span van Sam Sanders en Theresa Ralph by die eindpunt.

Foto: Verskaf.

Die 39-jarige De Groot het destyds as ’n padfietsryer Suid-Afrika by die Statebondspele in Indië en die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig.

Sy het in 2013 haar padfiets vir ’n bergfiets verruil en terstond die nasionale kampioenskap gewen, terwyl sy in 2017 die Cape Epic in die derde plek voltooi het.

Sy vorm nou ’n gedugte span met Le Court; die ster van die Kaapstad-fietstoer.

“Ek het die uitdaging baie geniet. Robyn se ondersteuning was ongelooflik – sy het heeltyd gevra of ek nog oukei is. Haar ervaring beteken ook dat sy ’n mens gereeld nuwe dinge leer sodat jy met nuwe oë na ’n paar situasies kyk,” het Le Court gesê.

  • Uitslae

Spanne:

Mans:

  1. Arno du Toit en Keagan Bontekoning: 02:55:07
  2. Marco Joubert en Wessel Botha: 02:55:07
  3. Philip Buys en Gert Heyns: 02:55:08
  4. HB Kruger en Matthew Keyser: 03:02:09
  5. Stuart Marais en Franko van Zyl: 03:02:33

Vroue:

  1. Robyn de Groot en Kim le Court: 03:28:43
  2. Sam Sanders en Theresa Ralph: 03:47:42
  3. Joné van Eeden en Karlise Scheepers: 03:58:55

Individueel:

  1. Marc Pritzen: 02:54:40
  2. Trevor Rowe: 03:11:20
  3. Pressmore Musundi: 03:13:04

Gemengde spanne:

  1. Neville en Lizle Rosenstein: 03:50:42
  2. Steph Wolters en Abri Kuhn: 03:59:35.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chantel ·

Die hoogtepunte vir Dag 2 was epic. Ek kry sommer hoendervleis as hulle dophou en wens ek het maar weer ingeskruif hierdie jaar. Dis, naas die Cape Epic een van die moeilikste “races” om te doen.
Dag 2 in besonders is uitmergelend juis omdat dit begin met ‘n 42km down hill en dan die 42km uitklim is wild. Ek haal my hoedaf vir iender en elk wat hierdie wedrend gaan doen. Go go go, Dag 3 is ‘n breeze.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.