Schoeman steeds ’n swembadbreker

Roland Schoeman vier steeds fees in die swembad. Foto: Twitter.

Roland Schoeman was in 2004 die swemmer op elke Suid-Afrikaner se lippe.

Nie net het hy saam met Ryk Neethling, Lyndon Ferns en Darian Townsend die 4×100 m-aflositem by die Olimpiese Spele in Athene gewen nie, hy het ook twee verdere individuele medaljes by die Spele verower.

Hy was uiteindelik by vier agtereenvolgende Spele (2000, 2004, 2008 en 2012) in aksie, terwyl hy ’n rits Suid-Afrikaanse én ’n paar wêreldrekords agter sy naam het.

Nou het Schoeman op 38-jarige ouderdom – hy word in Julie 39 jaar oud – weer sy vryslag-staal gewys by die TYR Derby Pro-swembyeenkoms in Amerika die afgelope naweek.

Hy het sy 50 m-vryslagitem in ’n tyd van 22.38 s afgeblits, en hoewel hy in die beginrondes uitgeskakel is, is hy een van die oudste swemmers om die 23 s-kerf te breek.

Van Schoeman se prestasies:

  • Langbadrekords:

50 m-vryslag: 21.67 s in Beijing 2008 en weer in Barcelona 2013 (nasionale rekordhouer)

100 m-vryslag: 48.17 s in Athene 2004 (vorige SA rekord)

50 m-vlinderslag: 22.90 s in Rome 2009 (vorige wêreldrekord)

4×100 m-vryslag: 3:11.93 min in Rome 2009 (vorige wêreldrekord)

  • Kortbadrekords:

50 m-vryslag: 20.30 s in Pietermaritzburg 2009 (vorige wêreldrekord)

100 m-vryslag: 46.25 s in Berlyn 2005 (vorige wêreldrekord)

50 m-vlinderslag: 21.87 s in Berlyn 2009

100 m individuele wisselslag: 52.20 s in Hamburg 2006 (vorige wêreldrekord)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

chantelle ·

Nog altyd een van my gunstelinge
hou die land se naam Hoog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.