Sege teen die Jaguars kan Stings na die eerste plek laat spring

Die Noord-Gauteng Jaguars, wat met agt punte boaan die Netbal-premierliga se puntelys is, speel Vrydagaand in die Bellville Velodrome teen die onoorwonne Southern Stings van die Wes-Kaap.

Die Stings het ook agt ligapunte, maar Jaguars is boaan die puntetelys met ʼn beter doelgemiddelde. Die Stings kan die voortou neem met ʼn oorwinning in hierdie wedstryd wat seker net so fel betwis sal word as die tradisionele Noord teen Suid-rugbywedstryde deur die jare.

In Vrydagaand se eerste wedstryd speel die Baobabs teen die Crinums, wat hier die oorweldigende gunstelinge is.

Die Gauteng Golden Fireballs en Noord-Wes se Flames het ook elk agt punte. Hulle speel onderskeidelik die naweek teen die Sunbirds en die Kingdom Stars.

Die kompetisie word nou al strawwer soos die halfpadmerk van die rondomtalie oorgesteek word. Die groot aansporing om hierdie kompetisie te wen, met die wenspan wat in Nieu-Seeland in die nasionale liga sal speel, het ongetwyfeld die voorste spanne daardie tikkie meer in vanjaar se kompetisie laat uithaal.

Die naweek se program –

Vrydag: 18:00: Baobabs vs Crinums; 20:00: Jaguars vs Southern Stings.
Saterdag: 12:00: Fireballs vs Sunbirds; 14:00: Diamonds vs Stings; 16:00: Aloes vs Jaguars; 18:00: Flames vs Kingdom Stars.
Sondag: 10:30: Crinums vs Sunbirds; 12:30: Aloes vs Diamonds.

SuperSport beeldsend van die wedstryde op kanaal 206 en 210.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.