Serena beboet ná Amerikaanse Ope-eindstryd

Serena Williams. Foto: AP Photo/Julio Cortez

Serena Williams is met $17 000 (sowat R260 000) beboet vir drie gedragskode-oortredings tydens die eindstryd van die Amerikaanse Ope.

Williams is met $10 000 beboet vir “verbale mishandeling” teenoor die skeidsregter Carlos Ramos, $4 000 vir afrigting en $3 000 nadat sy ʼn raket stukkend geslaan het.

Williams het met 2-6, 4-6 teen Naomi Osaka van Japan verloor en die boete word verhaal uit haar prysgeld van $1,85 miljoen (sowat R28 miljoen). Osaka is die eerste speler van Japan om ʼn Grand Slam-enkeltitel te wen.

Williams is tydens Saterdag se wedstryd oor ʼn afrigtingsoortreding gewaarsku en daarna met ʼn punt beboet nadat sy haar raket stukkend geslaan het. Sy het hierna uitgevaar teen Ramos en is met ʼn pot gestraf. Williams het ná die wedstryd geweier om Ramos se hand te skud en hom tydens ʼn mediakonferensie van seksisme beskuldig.

Naomi Osaka. Foto: AP Photo/Mary Altaffer

Die internasionale vrouereeks (WTA) het intussen ʼn beroep gedoen op die regverdige behandeling van vrouespelers. Steve Simon, uitvoerende hoof van die WTA, het gesê alle spelers moet dieselfde behandel word en dat die WTA van mening is dat dit nie die geval was met Williams nie.

Osaka het na afloop van die herrie gesê sy is “dankbaar” vir die geleentheid om teen Williams te speel.

“Daar het baie dinge gebeur, maar ek wil net sê ek is dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om te speel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Champion ·

‘N ware kampioen kan met eer verloor.
Kyk na Federer. Hulle begryp niemand wen altyd alles nie. Well done Osaka! Dis reg dat hierdie arrogante Serena op haar neus kyk. Hulle kan haar meer beboet. Daai is niks vir haar nie. Jip… jou ware kleure kom uit as jy bietjie onder druk is. Windgat en nou??? Tweede gekom. Lekker kry ek nou!

Tilla ·

Net met haar houding begin toe sy sien dat die skaal teen haar swaai en sy dit nie gaan maak nie.

Belaglik ·

Seksisme, maar dit is twee vroue wat teen mekaar speel, die man kry niks daaruit nie. Belaglik…

Rinda ·

Seksisme menende dat dieselfde reëls en strawwe nie vir manlike en vroulike spelers toegepas word nie, niks met die feit te maak dat 2 vroue teen mekaar speel nie…dit gaan immers hier oor die skeidsregter, nie die persoon teen wie sy gespeel het nie.

SWAK VOORBEELD ·

SKORS HAAR VIR 6 MAANDE UIT DIE SPORT UIT, ‘N BOETE BETEKEN NIKS VIR HAAR NIE. In watter ander sport kan jy so aangaan en mense diewe noem en bly redeneer met met die skeidsregters? En sy hou net aan soos ‘n stout kind . skors haar heeltemal uit die sport vir ‘n paar maande, haar KOP het te groot geraak.

Pote ·

Jaaa ne, toe ons verloor toe dog jy, julle kan cheat om te wen. Hulle moes jou geskors het vir die res van die jaar! SWAK. Volgende stap is seker om ras hier by in te bring Serena, die Williamse is mos lief om dit te doen.

Koot ·

Jy’s toe 100% reg Pote, ek lees nou in die engelse publikasies dat sy nou verneem dat dit seksisties en rassisties was. Belaglik. Probeer cheat, word gevang, sy ruk haarself op, word gepenaliseer, nous dit seksisties en rassisties.

Sandy ·

Prysgeld van R28 miljoen, en die boete is sowat R260 000? Sy sal dit nie eens mis nie.

Rooibok ·

Volgende wat ons hoor is dat hulle wil he die prysgeld van mans en vroue moet dieselfde wees …… as hulle dit wil he hoekom speel die vroue dan nie teen die mans nie … dan vat die wenner die prysgeld.

Adriaan ·

Vrouens kry al lankal dieselfde prysgeld as mans maar speel net beste uit 3 stelle. Mans beste uit 5

Adriaan ·

Vrouens kry al lankal dieselfde prysgeld. Maar speel net beste uit 3 stelle.

Adriaan ·

Skors haar vir die volgende 2 of 3 grand slams . Sy wil mos. $17000 is ver te min. Australiers is baie langer geskors vir bal peuter. Hulle was ook nie so ongeskik en net halfpad so arrogant soos sy en hulle is ook beboet met volle wedstryd geld ? Hoe rym dit?

Oz ·

@Adriaan, en Saffa spelers is beloon met balpeuter, sommer kaptein en opening bowler.

Ai ·

Ek dink die susters se tyd is verby, hulle het niks meer om te bewys nie.

Herman ·

Lekker kry ek nou. Skors haar vir ‘n jaar. Daardie boetetjie gaan niks aan haar doen nie. Sy gaan net nog meer arrogant raak. Sterkte vir toekomstige skeidsregters. Geen sportmanskap of etiek nie. Tipies wanneer die skaal verkeerd kantel word die afgewaterde rassekaart gespeel. Siestog! Geluk Naomi, jy het jou waardigheid behou!

En nou? ·

As jy nie hou van wat ek se of doen nie, het jy ‘n probleem met die kleur van my vel…

Mielie ·

Dis net om die fokus van swak spel en cheating af te trek. Ek stem saam dat daar ander is wat weggekom het daarmee, maar wat sê dit van haar, omdat ander dit doen nou kan sy ook…..Kyk hoe word krieket en golf spelers ook beboet. Neewat sy het n chip op haar skouer en is n slegter verloorder en dit sê genoeg van haar vroulikheid

Judge Dredd ·

Beste van alles haar afrigter het erken dat hy haar raad van die kantlyn gegee het en sy ontken dit nog steeds.

charmaine ·

Swak en onprofesioneel sy en sussie moet nou maar hou by doeke en bottels die jare stap aan en die jongetjies gaan hulle ore aansit.

Daan Erasmus ·

In (professionele) krieket word jy meestal ‘n % van jou wedstryd geld beboet. Baie min wat dit ‘n bedrag is. Dit is ‘n baie beter stelsel.

Frans C ·

Sy het nou net mooi alles wat sy voorheen bereik het afgebreek en sal nou eerder vir haar swak gedrag as haar baie titels onthou word.

Boerseun ·

Rassisme, Seksisme. Klink standaard. Daar word so baie wolf geroep mense gaan begin ophou luister

Hannelie ·

Naomi, baie geluk. jy verdien dit om te wen. Serena kon nog nooit ‘n verloor vat nie, en nou gooi sy haar toys uit die kot. Nog nooit baie van haar gehou nie, sy hopeloos te arrogant. Sien geld kan op die einde tog nie maniere koop nie.

Herman ·

Uiters arrogant. Sawk sportmanskap. Sy het dit verdien om te verloor. En tipies gooi sy en haar aanhangers toe die afgewaterde rassekaart. Siestog! Ek hoop hulle tyd is nou uit. Dit lyk in elk geval so. Nou kan ons ten minste weer mooi tennis sien.

Casper ·

wie dink sy is sy,respek het sy duidelik nie,gesien hier gaan ons verloor en toe weer die “kaart” gegooi nes hier in SA ,SKAAM JOU

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.