Serena kom haar moses in Melbourne teë

Serena Williams in aksie teen Naomi Osaka. Foto: David Gray/AFP.

Die 39-jarige Serena Williams se veldtog om haar 24ste Grand Slam-titel te verower, is deur Naomi Osaka in die wiele gery.

Die Japanner het hul halfeindstryd-kragmeting met 6-3 en 6-4 in Melbourne gewen.

Williams het vóór die Osaka-tweestryd al agt van haar vorige halfeindstryd-wedstryde in Australië gewen; ’n trotse rekord wat oor 18 jaar strek.

Osaka was weliswaar met 2-0 in die eerste stel agter, maar sy het daarna vyf agtereenvolgende potte gewen.

“Ek het ’n spul ongedwonge foute in die eerste stel begaan, ek dink ek was toe kwaai op my senuwees gewees,” het Osaka gesê.

“Ek het egter kort daarna my voete gevind en die wedstryd begin geniet. Dit is altyd ’n voorreg om teen Serena te speel en ek het my beste gegee.”

Osaka sal nou teen die VSA se Jennifer Brady in Saterdag se eindstryd te staan kom. Brady het so pas vir Karolina Muchova met 4-6, 6-3 en 6-4 in die ander halfeindstryd getroef.

In vandag se manshalfeindstryd sal die wêreld se voorste speler, Serwië se Novak Djokovic, teen Rusland se Aslan Karatsev in aksie wees.

Djokovic het in die kwarteindstryd met die opwindende jong Alexander Zverev van Duitsland in vier stelle afgereken.

Die 33-jarige tennisspeler het vroeër in die toernooi ’n maagspierbesering opgedoen. Hy is egter steeds baie rats op die baan en skeptici bevraagteken nou die omvang van sy besering.

“Ek sê glad nie dat hy nie ’n besering opgedoen het nie,” het die voormalige Aussie-speler, Sam Groth, gesê. “Maar om gereeld wedstryde van vier stelle en meer te speel, laat ’n mens so ’n bietjie wonder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Yolandie ·

Wel gedaan Noami Osaka!!! Ek hou nie van seer verloorders nie. Serena Williams het haar ware klere gewys toe jy haar die 1ste keer geklop het. So nou het jy haar gewys dat dit nie ‘n vloekskoot was nie. Baie geluk!!!!!

tweeling ·

Hopelik is dit die einde van die Williams susters, so van aandag soek veral deur Serena het ek lanklaas gesien

Tanniepetoors ·

Serena Williams hoef niks aan niemand meer te bewys nie. You go girl!!!

Anti-Verkramp ·

Presies, vroue-tennis so lank oorheers dis eintlik lagwekkend.

Vrijburger ·

Ek na haar onderhoud na die wedstryd gekyk. My mening – ‘Swak verloorders se trane verbly my hart.’
Ek het alle respek vir en ondersteuning aan die arrogante tennispeler reeds na die 2009 VSA Ope opgeskort toe sy gedikwalifiseer is na sy ‘n lynregter met die dood gedreig het omdat ‘n voetfout geroep is. En ook al die politiek en rasisme na die tyd deur haar ten toon gestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.