Ses agtereenvolgens vir Marquez in Amerika

Marc Marquez. Foto: AP Photo/Eric Gay.

Die derde wedren in die Moto GP-reeks is Sondag in Austin, Texas, gejaag. Die Grand Prix van die Amerikas, op die COTA-baan met sy 20 draaie, is vir die sede keer agtereenvolgens deur Marc Marquez op sy Repsol Honda gewen.

Maverick Vinales was tweede op sy Yamaha en Andrea Iannone derde op ʼn Suzuki.

Andrea Dovizioso het die vyfde plek ingeneem op sy Ducati en hy is ook weer die algehele voorloper op die punteleer. Cal Crutchlow, wat die voorloper was, het 12 rondes voor die einde ʼn ongeluk gehad en was uiteindelik 19de.

Die verdedigende kampioen, Marquez, het vir die sesde jaar agtereenvolgens die vinnigste kwalifiseringstyd vir die wegspringrooster behaal. Marquez is egter met drie posisies gepenaliseer omdat hy stadig op die wedrenlyn gery en ook ʼn ander jaer op die baan gesteur het. Hy moes toe tevrede wees met die vierde wegspringposisie.

Wonder bo wonder het Dani Pedrosa, wat sy gewrig in die vorige wedren gebreek het tydens ʼn val, negende vinnigste gekwalifiseer nadat hy verlede week ʼn operasie in Barcelona ondergaan het.

Op die punteleer is Marquez nou net een punt agter Andrea Dovizioso.

In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder 6de geëindig en Steven Odendaal 21ste.

In die Moto3-wedren was Darryn Binder 13de.

Klik gerus hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kiewiet ·

Weereens het Marques net weer bewys hy bly maar die beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.