Sinner dis luukse spel in Monaco op

Jannik Sinner in Monaco. (Foto: Valery Hache/AFP)

Jannik Sinner lyk ewe tuis op die kleibane van Europa as wat hy op die harde bane van Australië en die VSA was.

Die jong Italianer was op sy aanvallende beste in sy openingswedstryd van die Monte Carlo-meesterstoernooi en hy het vir Sebastian Korda van die baan gevee.

Die eindtelling was 6-1 en 6-2 in sy guns en hy was pleinweg die beter speler gewees.

“Ek dink nie ek óf Sebastian is noodwendig klassieke kleibaanspelers nie, maar ek kon darem goed op die baan rondbeweeg. Dit is altyd ʼn uitdaging om hier te speel en ek is tevrede met my vertoning,” het Sinner gesê.

Wat spelpeil betref, is die Australiese Ope-kampioen tans dié speler op die internasionale verhoog en is oorgehaal om sy eerste titel in Monte Carlo in te oes.

Hy het verlede jaar in die halfeindstryd van die toernooi gespeel.

Dan het Stefanos Tsitsipas korte mette met Tomas Etcheverry gemaak en hy het die kragmeting in net meer as ʼn uur met 6-1 en 6-0 beklink.

Die Griek is ʼn tweemalige Monte Carlo-kampioen en hy het 22 wenhoue in sy openingstriomf geslaan.

Uitslae:

Casper Ruud klop Alejandro Tabilo met 6-2 en 6-4

Daniil Medvedev klop Gael Monfils met 6-2 en 6-4

Hubert Hurkacz klop Roberto Bautista Agut met 7-5 en 7-6

Stefanos Tsitsipas klop Tomas Etcheverry met 6-1 en 6-0

Jannik Sinner klop Sebastian Korda met 6-1 en 6-2

Lorenzo Sonego klop Felix Auger-Aliassime met 6-4 en 7-5

Alex de Minaur klop Tallon Griekspoor met 2-6, 6-2 en 6-3

Alexei Popyrin klop Andrey Rublev met 6-4 en 6-4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.