Sinner, Kontaveit betree top-10 op wêreldranglys

Jannik Sinner (Foto: VLADIMIR SIMICEK/AFP)

Italië se Jannik Sinner het vir die eerste keer in sy loopbaan die toptien betree op manstennis se wêreldranglys.

Die 20-jarige is negende op die ranglys en is een van twee Italianers in die toptien. Wimbledon-finalis Matteo Berrettini is in die sewende plek.

Alexander Zverev is steeds in die vierde plek op die ranglys ondanks sy oorwinning in die Weense Ope – sy vyfde titel vanjaar.

Rusland se Daniil Medvedev hoop steeds om die jaar as die wêreld se voorste speler te eindig aangesien hy kort op Novak Djokovic se hakke is.

Medvedev en Djokovic speel die week in die Paryse Meesterstoernooi.

Anett Kontaveit (Foto: NATALIA KOLESNIKOVA/AFP)

Op tennis se wêreldranglys vir vroue het Anett Kontaveit ook vir die eerste keer in haar loopbaan die toptien betree. Die 25-jarige van Estland is agtste op die ranglys.

Ashleigh Barty het intussen ook die week ’n mylpaal behaal – haar 100ste week as die wêreld se voorste vrouetennisspeler. Sy is net die agste vrou om die prestasie te behaal. Steffi Graf behou die rekord met 377 weke.

ATP-ranglys vir mans:

  1. Novak Djokovic (SRB) 10 340 punte
  2. Daniil Medvedev (RUS) 9 540 punte
  3. Stefanos Tsitsipas (GRE) 7 840 punte
  4. Alexander Zverev (GER) 7 180 punte
  5. Rafael Nadal (ESP) 5 635 punte
  6. Andrey Rublev (RUS) 5 150 punte
  7. Matteo Berrettini (ITA) 4 768 punte
  8. Casper Ruud (NOR) 3 670 punte
  9. Jannik Sinner (ITA) 3 395 punte (+2)
  10. Hubert Hurkacz (POL) 3 366 punte

 

WTA-ranglys vir vroue:

  1. Ashleigh Barty (AUS) 7 701 punte
  2. Aryna Sabalenka (BLR) 6 150 punte
  3. Barbora Krejcikova (CZE) 4 708 punte (+1)
  4. Karolina Pliskova (CZE) 4 695 punte (-1)
  5. Garbiñe Muguruza (ESP) 4 425 punte
  6. Maria Sakkari (GRE) 3 985 punte (+1)
  7. Ons Jabeur (TUN) 3 455 punte (+1)
  8. Anett Kontaveit (EST) 3 416 punte (+6)
  9. Angelique Kerber (GER) 3 320 punte (+3)
  10. Iga Swiatek (POL) 3 306 punte (+1).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.