Sokker: Net 16 lande is oor en ʼn nuwe wêreldkampioen gaan gekroon word

Michy Batshuayi van België tydens ‘n wedstryd tussen België en Engeland op 28 Junie. België het1-0 gewen. Foto: Xinhua/Du Yu

FIFA se Wêreldbeker-toernooi het op 14 Junie in Rusland afgeskop en die groepfase is teen Donderdag 28 Junie afgehandel. Sokkerkoors het die hele wêreld beetgepak en daar was tot nou baie vreugdes, maar ook trane vir ondersteuners. Die grootste skok was toe die verdedigende kampioenspan, Duitsland, laaste in hul groep geëindig het en hul tassies moes pak.

Daar is nou net 16 lande oor wat verder in die uitspeelfase betrokke sal wees. Daar was 32 lande wat in agt groepe (A-H) meegeding het, met vier spanne in elke groep. Die vier spanne in elke groep het drie wedstryde op ʼn rondomtaliegrondslag teen mekaar gespeel met die beste twee wat deur is na die uitspeelfase.

Een van die uitstaande aspekte van die groepfase is dat al vyf die Afrika-spanne uitgeskakel is, terwyl al vyf Suid-Amerikaanse-spanne deur is na die laaste 16.

Ná die groepfase het die twee boonste spanne in elke groep deurgedring na die ronde van 16:

Groep A

  1. Uruguay 9
  2. Rusland 6
  3. Saoedi-Arabië 3
  4. Egipte 0

Groep B

  1. Spanje 5
  2. Portugal 5
  3. Iran 4
  4. Marokko 1

 

Groep C

  1. Frankryk 7
  2. Denemarke 5
  3. Peru 3
  4. Australië 1

Groep D

  1. Kroasië 9
  2. Argentinië 4
  3. Nigerië 3
  4. Ysland 1

Groep E

  1. Brasilië 7
  2. Switserland 5
  3. Serwië 3
  4. Costa Rica 1

Groep F

  1. Swede 6
  2. Mexiko 6
  3. Republiek van Korea 3
  4. Duitsland 3

Groep G

  1. België 9
  2. Engeland 6
  3. Tunisië 3
  4. Panama 0

Groep H

  1. Colombia 6
  2. Japan 4
  3. Senegal 4
  4. Pole 3

Die uitspeelrondes begin Saterdag 30 Junie en die eindstryd sal op 15 Julie beslis word. Die bepalings vir die ronde van 16 lyk só:

Saterdag 30 Junie

Frankryk 16:00 Argentinië

Uruguay 20:00 Portugal

 

Sondag 1 Julie 2018

Spanje 16:00 Rusland

Kroasië 20:00 Denemarke

 

Maandag 2 Julie 2018

Brasilië 16:00 Mexiko

België 20:00 Japan

 

Dinsdag 3 Julie 2018

Swede 16:00 Switserland

Columbia 20:00 Engeland

 

Meer inligting is beskikbaar by: https://www.fifa.com/worldcup/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

die ANDER kat ·

Hello Pieter,

Is jy seker oor al 5 Suid-Amerikaanse spanne? Tensy ek my skoolse Aardrykskunde vergeet het is Peru nog steeds in Suid-Amerika? Ek is nie seker onder watter groep Panama & Costa Rica val nie.

Kan jy dit opklaar asb?

Groete

nico k ·

Ja Peru is beslis Suid Amerika so al die Suid Amerikaanse spanne het nie deurgedring nie, maar Costa Rica en Panama sal onder Sentraal Amerika val. Tegnies Noord Amerika, maar Sentraal Amerika word wel apart beskou van die res van Noord Amerika.

Henry ·

Van hier af vorentoe kan die Wêreldbekersokker ‘n welkome plaasvervanger vir die vervelige rondstrompel en die haaikiek-en-tjaarts van veral ons plaaslike rugbyspanne wees. Om nie eers te praaaat van al die omroepers wat perdekuttels as vye aan ons probeer afsmeer nie.
:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.