Sokker: Wêreldbeker-glorie nou net drie weke weg

England se Raheem Sterling (regs) val oor Panama se Jaime Penedo. Foto: AP Photo/Alastair Grant

FIFA se Wêreldbeker-toernooi se tweede ronde is voltooi wat beteken al 32 spanne het nou twee wedstryde agter die blad. Die wêreld sal op 15 Julie weet wie dra die sokkerkroon as die beste span op die planeet.

Hierdie week word die derde ronde binne vier dae afgehandel. Daar sal elke dag vier wedstryde afgehandel word en teen Donderdag sal dit duidelik wees watter sestien spanne (twee van elke groep) in die uitspeelrondes betrokke sal wees.

Daar was redelik min verassings in ronde twee en meeste van die groepe se twee spanne wat sal deurgaan na die uitspeelrondes het reeds hul hande opgesteek. Engeland het Sondag hul hand duidelik gelig as een van die spanne wat dopgehou moet word. Engeland het Panama met 6-0 afgeransel.

Duitsland het hul kanse lewendig gehou (ná hul skoknederlaag in die eerste ronde) deur Swede met 2-1 in die tweede ronde te klop.

Die punteleer gee ’n duidelike aanduiding van watter spanne se kanse reeds verby is en watter nog die uitspeelronde kan bereik. Groepe B, E, F en H kan maar dopgehou word vir ’n skokuitslag of twee hierdie week.

Groep A

  1. Rusland – 6
  2. Uruguay – 6
  3. Egipte – 0
  4. Saoedi-Arabië 0

Groep B

  1. Spanje – 4
  2. Portugal – 4
  3. Iran – 3
  4. Marokko – 0

Groep C

  1. Frankryk – 6
  2. Denemarke – 4
  3. Australië – 1
  4. Peru – 0

Groep D

  1. Kroasië – 6
  2. Nigerië – 3
  3. Ysland – 1
  4. Argentinië – 1

Groep E

  1. Brasilië – 4
  2. Switserland – 4
  3. Serwië – 3
  4. Costa Rica – 0

Groep F

  1. Mexiko – 6
  2. Duitsland – 3
  3. Swede – 3
  4. Republiek van Korea – 0

Groep G

  1. Engeland – 6
  2. België – 6
  3. Tunisië – 0
  4. Panama – 0

Groep H

  1. Japan – 4
  2. Senegal – 4
  3. Colombië – 3
  4. Pole – 0

Hierdie week se bepalings lyk só:

Maandag, 25 Junie

Saoedi-Arabië 16:00 Egipte

Uruguay 16:00 Rusland

Spanje 20:00 Marokko

Iran 20:00 Portugal

Dinsdag, 26 Junie 2018

Australië 16:00 Peru

Denemarke 16:00 Frankryk

Ysland 20:00 Kroasië

Nigerië 20:00 Argentinië

Woensdag, 27 Junie 2018

Republiek van Korea 16:00 Duitsland

Mexiko 16:00 Swede

Serwië 20:00 Brasilië

Switserland 20:00 Costa Rica

Donderdag, 28 Junie 2018

Japan 16:00 Pole

Senegal 16:00 Colombië

Panama 20:00 Tunisië

Engeland 20:00 België

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.