Suid-Afrikaners wen bofbalbeker

Suid-Afrika se bofbalspan het die Afrikabeker gewen. Foto: ANA.

Die Suid-Afrikaanse bofbalspan het ’n groot tree vorentoe gegee om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer.

Die span het die afgelope naweek die Afrika-beker in Boksburg gewen.

Die tuisspan het Uganda heeltemal oordonder om met 27-0 te wen. Sodoende het hulle ’n plek in die kwalifiserende wedstryde vir Tokio losgespeel.

Die derde plek om die Afrika-beker het aan Zimbabwe gegaan toe hulle Burkina Faso met 17-16 getroef het.

Suid-Afrika het die reeks onoorwonne afgesluit en die sege behoort hul plek op die wêreldranglys ’n hupstoot te gee.

Die kwalifiserende rondes vir die Olimpiese Spele word September in Italië aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanL ·

Welgedaan manne. Kan MM ons asb op hoogte hou van verwikkelinge vorentoe. Klink my daar is beter nuus as ons rugby.

Charles ·

Ek’s MAL oor bofbal- die beste sport ter wêreld sover dit my betref!

Mooi man ouens-hou so aan!

Rugby en krieket-skiet verby asb!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.