Swem: Jong Suid-Afrikaners wys hul slag

Matthew Sates (Foto: Swem Suid-Afrika via SwimSwam.com)

Die naam Matthew Sates van Pietermaritzburg is dalk op almal se lippe in die swemwêreld, maar die naam Pieter Coetzé van Pretoria is nie ver agter nie.

Coetzé was vroeër vanjaar die jongste lid van Suid-Afrika se swemspan by die Olimpiese Spele in Tokio.

Dié 17-jarige jong reus het die naweek goue medaljes by die Wêreldbeker-kortbadbyeenkoms in Doha, Katar, in die 50 m-, 100 m- én 200 m-rugslag gewen.

Sates het in Doha die 400 m-vryslag en die 200 m- indiwiduele wisselslag gewen. Hy is aangewys as die derde beste manswemmer by dié byeenkoms en is steeds die voorloper op die mans se algehele punteleer.

Die vierde en laaste been van die Wêreldbeker vind volgende naweek in Kazan, Rusland, plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.