Tennis: Barty se droom nog op koers

Australië se Ashleigh Barty (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Die Australiese skare en die topgekeurde Ashleigh Barty se droom is nog op koers nadat sy deurgedring het tot die kwarteindronde. Sy wil Australië se eerste vrouekampioen by hulle eie Grand Slam word in 44 jaar.

Sy het die Amerikaner Amanda Anisimova 6-4 en 6-3 geklop. Dit was die einste Amerikaner wat Naomi Osaka in die vorige ronde uitgeknikker het. Barty speel in die kwarteind teen nog ʼn Amerikaner, Jessica Pegula. Pegula het die vyfde gekeurde Griek Maria Sakkari vroeër vandag geklop.

In die mans-afdeling het die veteraan Fransman Gael Monfils die skare op hulle voete gehad.

Die 35-jarige Monfils het die eerste twee stelle teen 22-jarige Miomir Kecmanović gewen, maar in die derde stel het hy gereeld na punte met sy hande op sy knieë gaan staan. Hy was natgesweet en pê, maar dis nie ʼn nuwe ding vir Monfils om te lyk of die wiele gaan afkom nie. Hy het vasgebyt en op Kecmanović se afslaan deurgebreek. Met kragspel en ʼn tikkie Franse flair het hy 7-5, 7-6 (7/4) en 6-3 gewen. Die vraag is of Monfils die stamina gaan hê om in ʼn wedstryd van vier of vyf stelle die botoon te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Treurwilger ·

‘n Beduidende deel van die Australiese skare se gedrag laat veel te wense oor.
Dit, en die soms onmenslik hoë temperature, mag (hopelik) in die toekoms ‘n ander gasheerland die kans bied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.