Tennis: Norrie teen Opelka in eindstryd

Die Britse tennisspeler Cameron Norrie (Oktober 2021) (Foto: Frederic Brown / AFP)

Die topgekeurde Brit Cameron Norrie het die vierde gekeurde Amerikaner Tommy Paul 6-3, 6-3 geklop om die Delray Beach Ope-eindstryd op die ATP-toer te bereik.

Hy kom nou teen die Amerikaner met die reuse-afslane, Reilly Opelka, te staan. Die Amerikaner het gesweet om die Australiër John Millman 7-6 (10/8), 6-7 (3/7), 7-6 (7/4) te klop.

Die 26-jarige Norrie wil sy derde ATP-titel wen nadat hy verlede jaar by Indian Wells en Los Cabos titels ingepalm het.

Opelka het reeds drie titels nadat hy verlede week se toernooi in Dallas gewen het.

By die Rio Ope in Rio de Janeiro op kleibane kom die Argentyn Diego Schwartzman later vandag te staan teen die 18-jarige Spanjaard Carlos Alcaraz.

Schwartzman het sy landgenoot Francisco Cerundolo 7-6 (7/4), 6-3 in die halfeindstryd uit die pad gevee. Alcaraz het die Italiaanse veteraan Fabio Fognini 6-2 en 7-5 geklop om tot die eindstryd deur te dring.

Die jong Spanjaard het vir groot opwinding gesorg toe hy die topgekeurde Italianer Matteo Berrettini 6-2, 2-6 en 6-2 in die kwarteindronde uitgeskakel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.