Tennis: Ruben se dogter, Zoë Kruger, wen haar eerste ITF-titel

Zoë Kruger het Sondag haar eerste ITF-beroepstitel in Pretoria gewen. (Foto: Tennis South Africa/Twitter)

Springbok-legende Ruben Kruger sou vandag waarskynlik ʼn breë glimlag op sy gesig gehad het. Nie net het die Springbokke die All Blacks geklop nie, sy 19-jarige dogter, Zoë, het vandag haar eerste ITF-beroepstitel in Pretoria gewen.

Die ongekeurde Zoë het die vyfde gekeurde Suzan Lamens van Nederland met 3-6, 6-4 en 6-4 geklop. Wat die Suid-Afrikaanse opkomende ster se prestasie nog groter maak, is dat sy nommer 687 op die wêreldranglys is teenoor Lamens se 308ste plek.

In die halfeindstryd het Kruger die vierde gekeurde Amina Anshba van Rusland met 6-1 en 6-4 afgeransel. Sy moes ook met die eerste gekeurde Tessah Andrianjafitrimo van Frankryk in die kwarteindronde afreken om tot die halfeindronde deur te dring. Die telling teen nommer 204 op die wêreldranglys was 6-4 en 6-3.

Daar word nog groot dinge van Zoë verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Prikkie ·

Mooi so Zoë! Jou pa sou sekerlik BAIE trots op jou gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.