‘Thunder’ Merwe en kie

Shadine van der Merwe in aksie op die netbalbaan. Foto: Verskaf.

Wanneer die Vitality Super-netballiga volgende jaar in Brittanje begin, sal ’n hele paar Suid-Afrikaanse spelers vir ekstra woema sorg.

Sigi Burger, Lefébre Rademan, Shadine van der Merwe, Ine-Mari Venter en Zanele Vimbela behoort almal deel van die aksie te wees.

Volgens Sky Sport sal die eerste wedstryde op 5 Februarie 2022 gespeel word, terwyl die eindstryd op 5 Junie beslis word.

“Ons is opgewonde oor die komende seisoen en sien daarna uit om op die sukses van 2021 voort te bou,” het Steve Elworthy, die voormalige Protea-snelbouler en voorsitter van die Vitality-liga, gesê.

Die Britse afrigters geniet dit ook om saam met die Suid-Afrikaanse spelers te werk.

Tracey Neville, die voormalige Engeland-speler, is deesdae lid van die Manchester-span se afrigterskorps en sy sien daarna uit om vir Van der Merwe deel van die span te maak.

“Shadine is ’n speler wie se spel ek al vir ’n geruime tyd bewonder. Sy is ’n superslim verdediger en sal uitstekend by ons span pas,” het Neville gesê.

Suid-Afrikaanse spelers in Engeland:

Sigi Burger: Leeds Rhinos

Lefébre Rademan: Celtic Dragons

Shadine van der Merwe: Manchester Thunder

Ine-Mari Venter: Saracens Mavericks

Zanele Vimbela: Loughborough Lightning

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.