Top-bergfietswedren sorg vir glimlagte

Wessel Botha en Marco Joubert. Foto: Anthony Grote.

Die 84 km van die finale Sani2C-skof het weer eens vir lekker aksie gesorg met die voorste manspanne wat weer eens na die eindpunt gejaag het.

Philip Buys en Gert Heyns was weliswaar ’n paar sekondes vinniger as die span van Marco Joubert en Wessel Botha, maar die Imbuko{type}DEV A-fietsryers is as die algehele wenners aangewys.

“Ons het ’n voorsprong van 30 sekondes in die aanloop tot die finale skof geniet. Philip en Gert het beslis dinge moeilik gemaak, maar ons het by hulle gebly om as algehele wenners uit die stryd te tree,” het Joubert gesê.

Robyn Groot en Kim le Court. Foto: Anthony Grote.

In die vroue-afdeling het die ervare span van Robyn de Groot en Kim le Court met die skof- en algehele louere weggestap.

“Dit was my droom om saam met iemand soos Robyn te ry. Sy het soveel ervaring en ek het geweet dat ek baie by haar sou leer. Ek het na die wedren uitgesien en ek is in my noppies met die eerste skofwedren-oorwinning van my loopbaan. Hopelik is dit ook nie my laaste een nie,” het Le Court gesê.

  • Skofuitslae:

Spanne:

Mans:

  1. Philip Buys en Gert Heyns: 02:39:02
  2. Marco Joubert en Wessel Botha: 02:39:06
  3. Arno du Toit en Keagan Bontekoning: 02:39:18.

Vroue:

  1. Robyn de Groot en Kim le Court: 03:07:46
  2. Sam Sanders en Theresa Ralph: 03:14:12
  3. Jone van Eeden en Karlise Scheepers: 03:29:41.

Gemengde spanne:

  1. Neville Rosenstein en Lizle Rosenstein: 03:28:54
  2. Corinne Overney en Vincent Flueck: 03:41:29
  3. Steph Wolters en Abri Kuhn: 03:59:33.
  • Algehele uitslae:

Spanne:

Mans:

  1. Marco Joubert en Wessel Botha: 08:57:43
  2. Arno du Toit en Keagan Bontekoning: 08:58:26
  3. Philip Buys en Gert Heyns: 09:01:22.

Vroue:

  1. Robyn de Groot en Kim le Court: 10:45:55
  2. Sam Sanders en Theresa Ralph: 11:28:24
  3. Jone van Eeden en Karlise Scheepers: 12:25:29

Gemengde spanne:

  1. Neville Rosenstein en Lizle Rosenstein: 12:05:54
  2. Steph Wolters en Arbi Kuhn: 12:31:14
  3. Corinne Overney en Vincent Flueck: 12:47:11.

Individueel:

  1. Marc Pritzen: 09:03:46.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.