Toto onseker oor Lewis se F1-toekoms

Mercedes se Toto Wolff. Foto: Jim Watson/AFP.

Toto Wolff (Mercedes-spanbaas) meen Lewis Hamilton is die beste renjaer nóg.

Die 36-jarige Brit was Sondag op koers om sy agtste F1-titel in Abu Dhabi in te oes voordat ’n vasberade Max Verstappen die kampioenskap in ’n dramatiese finale ronde voor sy neus weggegryp het.

Die Red Bull-manne sal egter aanvoer dat Verstappen die titel verdien het: Hy was vir 652 rondes heel voor in die wedrenkoor, terwyl Hamilton vir 297 rondes die pas aangegee het.

“Mercedes het meer bemarkers en kommunikasiebeamptes as wat ons motorwerktuigkundiges het. As Max en Lewis in dieselfde Mercedes sou jaag het ek geen twyfel wie sal wen nie,” het Red Bull se Christian Horner gesê.

Maar volgens Wolff kan niemand Hamilton se sewe wêreldtitels betwis nie.

“As ’n renjaer sal ek wil hê dat Lewis sy loopbaan moet voortsit want hy vertoon baie sterk. Maar ons sal deur Sondag se pyn moet werk. Hy is ’n man met ongelooflike waardes; dit gaan ’n baie ruk neem om alles te verwerk,” het die Oostenryker gesê.

Mercedes het gister aangedui dat hy nie verder teen Verstappen se wêreldkampioenskaptitel sal skop nie.

“Nie een van ons – Lewis inkluis – sou daarvan gehou het om die wêreldkampioenskap in ’n hof te wen nie. Maar ons is ongetwyfeld van die titel beroof; dit was nie net ’n swak besluit nie, maar die interpretasie van die reëls het ook van Lewis ’n maklike teiken gemaak.”

“Dit was deksels moeilik om die appèlaksie te laat staan want ons is beslis verontreg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik ·

Miskien moet jy maar gaan kniel by BLM, dalk gee hulle vir jou n wenners titel.

FranWilder ·

Mercedes het meer bemarkers as Redbull?
Redbull is dan n bemarking manskapy.

Michael ·

Soos ek verstaan verwys hy na die renspanne nie na Mercedes en Red Bull as maatskappye nie-Red Bull vervaardig energie drankies-nie slegs bemarkingsmaatskappy nie

JohanCzu ·

Meer bemarkers as wat Redbull werktuigkindiges het, lees ek daar.

Kobus ·

man met ‘ Ongelooflike Waardes ” sê hy? Elke champ het ‘n champ my vriend. Lewis sal oorleef.

Vonkprop ·

Ag my jinne tog Mercedes kom oor julleself. Moet julle altyd wen??? Ruil Hamilton en Totto se doeke om dat hulle kan rustig raak. Julle moet eerder begin flieks maak, want julle gaan definitief ‘n paar Oscars wen met julle drama. Hier is die feit van die lewe. Daar gaan altyd iemand beter wees as jy. Hamilton se rekords SAL verbeter word. Daar GAAN iemand vinniger as Bolt wees, BETER swem as Phelps ens. Selfs die All Blacks begin krake wys. Jy gaan en kan nie altyd op die kruin wees nie. Daar is altyd volgende jaar om weer te probeer. Nou is Hamilton onseker oor sy F1 toekoms oor een verloor, regtig nou?

Elinette ·

Hie-hie-hie-ha-ha-ha-ha!!!! Lewis Hamilton is ‘n man met ‘ongelooflike’ waardes!!!! Al “waarde” wat ek by hom sien is dat hy ‘n chip op sy skouer het oor sy gemengde ras-herkoms. Haai ja, foeitog, dit moet ook seker erg wees as jy nóg vis, nóg vlees is. Ag shame, man, vat jul pak soos ‘n man en hou op lang krokodiltrane en snotstrepe huil oor Verstappen kammakastig die titel voor LH se neus weggeraap het. Dit kom nou daarvan as mens jou kuikens tel voor die eiers uitgebroei het!

Hennie Biebouw ·

Smaak my die slagoffer metaliteit het die ganse Mercedes span oorgeneem. verstappen was die hele jaar dominant, ten spyte van sekere bitter twyfelagtige strawwe wat hy ontvang het, en ten spyte daarvan dat hy ‘ motor gehad het wat stadiger as die Mercedes was. Red Bull het hul kans gebruik om die 14 sekondes uit wis wat Hamilton gekry het deur kortpad oor ‘n chicane te neem, en wat ongestraf gelaat is deur die FIA….

JohanCzu ·

Ag siestog. Ons almal weet Max het dit verdien, en dat Hamilton nie eers Michael Schumacher se ou skoene werd is nie. Inteendeel, as dit nie was vir die werk wat Michael by Mercedes gedoen het nie, sou hulle waarskynlik ook nie so ‘n goeie motor gehad het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.