Tsitsipas hou van sonnige Parys

Stefanos Tsitsipas in aksie in Parys. (Foto: Emmanuel Dunand/AFP)

Stefanos Tsitsipas het vir die vyfde jaar op ʼn streep na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring toe hy Roberto Carballes Baena met 6-3, 7-6 en 6-2 geklop het.

Die Griek het met sy flinke voetwerk beïndruk en sy voorhandhoue het sy teenstander onder kwaai druk geplaas.

“Ek geniet die sonnige weer hier in Parys omdat dit die baan lekker vinnig maak. Ons het al ʼn paar keer vanjaar in reënweer op kleibane gespeel en dit pas my spel nie so goed nie,” het Tsitsipas gesê.

Tsitsipas het in aanloop tot die Grand Slam-toernooi in die halfeindstryd van die Italiaanse Ope gespeel, terwyl hy in Barcelona na die eindstryd deurgedring het.

In ander wedstryde het Novak Djokovic, Andrey Rublev, Hubert Hurkacz en Carlos Alcaraz die septer geswaai.

Uitslae:

Novak Djokovic klop Marton Fucsovics met 7-6, 6-0 en 6-3

Lorenzo Musetti klop Alexander Shevchenko met 6-1, 6-1 en 6-2

Andrey Rublev klop Corentin Moutet met 6-4, 6-2, 3-6 en 6-3

Cameron Norrie klop Lucas Pouille met 6-1, 6-3 en 6-3

Hubert Hurkacz klop Tallon Griekspoor met 6-3, 5-7, 6-7, 7-6 en 6-4

Karen Khachanov klop Radu Albot met 6-3, 6-4 en 6-2

Carlos Alcaraz klop Taro Daniel met 6-1, 3-6, 6-1 en 6-2

Thanasi Kokkinakis klop Stan Wawrinka met 3-6, 7-5, 6-3, 6-7 en 6-3

Stefanos Tsitsipas klop Roberto Carballes Baena met 6-3, 7-6 en 6-2

Aryna Sabalenka klop Iryna Shymanovich met 7-5 en 6-2

Anna Blinkova klop Caroline Garcia met 4-6, 6-3 en 7-5

Peyton Stearns klop Jelena Ostapenko met 6-3, 1-6 en 6-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.