Tuks, Maties tree aan vir Varsityhokkie se eindstryd

Die eindstryd van die Varsity-hokkiereeks word Maandag (18:45) tussen Tukkies en Maties op Tuks se Astro gespeel – en die gehalte van die reeks en belofte van hierdie stryd staan vir niks in Suid-Afrikaanse hokkie terug nie.

Dit word beklemtoon deur die feit dat 76% van die genooides vir die nasionale proewe uit die laaste drie Varsityreekse kom.

Die Tukkies, wat soos die Maties 18 rondomtaliepunte het maar met ʼn beter doelverskil (44 teen 33) spog, sal uiteraard tuisveldvoordeel hê.

In die rondomtalie-wedstryde het Tuks met 0-1 teen NWU Pukke verloor en Maties het 1-3 teen Tuks verloor.  Maties het gelykop met 0-0 teen die Pukke gespeel.

Die eindstryd behoort aanskoulike hokkie van hoogstaande gehalte op te lewer en word direk op SuperSport 7 en SuperSport Select gebeeldsend.

Die twee spelersgroepe waaruit die finaliste hulle spanne sal kies, is:

Tuks: Marlise van Tonder, Melicia van Loggerenberg, Marissa Poolman, Chané Hill, Jénica De Encarnaçăo, Anél Luüs, Catherine Morris, Meeghan Scheffer, Izelle Verster (o-kapt.), Natalie Esteves (kapt.), Danielle Kerdachi, Luvolwethu Nkole, Claire Gibbings, Amy Etherington, Amoné Mouton, Thandokazi Chithi, Mabongi Nyalungu.
Maties: Nicole Le Fleur, Lenta Cullinan, Stephanie Botha, Simone Strydom, Heather Mc Ewan (kapt.), Lida Kotze, Paige Phillips, Sandiswe Tabata, Tarryn Glasby, Danielle Cairns, Natasha Rootenberg, Georgia Grobler, Aimee Pote, Page Alcock, Minke van Heerden, Alegra Dijkstra, Polly Mashau, Kirsten Block.

♦  Wat die ander spanne betref het Wits vierde op die puntelys geëindig, Hulle het vier van hul die sewe wedstryde gewen. Kovsies het drie oorwinnings en die vyfde plek behaal.

UJ was in die sesde plek  met net twee oorwinnings en die Madibaz was sewende nadat hulle net een wedstryd kon wen.

UKZN het baie swaar gekry maar ter versagting moet dit in ag geneem word dat dit die eerste jaar was dat hulle deelgeneem het. Oor twee jaar, in 2019, as dit weer die meisies se beurt is om Varsityhokkie te speel, sal hulle sekerlik beter rekenskap van hulself gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.