Twaalf taai F1-wedrenne wag op die horison

Max Verstappen en Lewis Hamilton. (Foto: Emilio Morenatti/POOL/AFP)

Die F1-seisoen word op 29 Augustus in België hervat met Max Verstappen wat alles in sy vermoë sal doen om Lewis Hamilton te onttroon.

Die Britse renjaer geniet tans ’n voorsprong van agt punte op die jaerspunteleer, maar volgens Giedo van der Garde sal die verdedigende wêreldkampioen hard moet werk om sy houvas op die punteleer te behou.

“Daar is nog soveel wedrenne oor in die seisoen en agt punte is nie veel van ’n voorsprong nie. Ek dink Verstappen is ongetwyfeld ’n krag waarmee rekening gehou moet word. Selfs ná daardie groot ongeluk op Silverstone het hy die vinnigste tyd in sy eerste oefenronde in Boedapest opgestel; ’n mens kan nie met sy ingesteldheid fout vind nie,” het die voormalige F1-renjaer gesê.

“Ek dink Max beskik oor dieselfde veggees as Lewis en daar wag ’n opwindende tyd op F1-liefhebbers.”

Tog glo Van der Garde dat Verstappen dinge ongetwyfeld vir Hamilton bemoeilik.

“Lewis sê al die hele jaar hoe mal hy daaroor is om te veg, maar terselfdertyd kos dit ook baie van sy tyd en energie; hy moet beslis sy heel beste gee.”

Goeie nuus vir Verstappen is dat organiseerders bevestig het dat die Nederlandse Grand Prix in September sal voortgaan.

Boonop sal ’n klomp toeskouers toegelaat word, wat waarskynlik sal beteken dat ’n see van oranje ondersteuners bankvas agter die jong Nederlander sal staan.

  • Komende wedrenne:

29 Augustus in België

5 September in Nederland

12 September in Italië

26 September in Rusland

3 Oktober in Turkye

10 Oktober in Japan

24 Oktober in die VSA

31 Oktober in Mexiko

7 November in Brasilië

21 November (moet nog bevestig word)

5 Desember in Saoedi-Arabië.

12 Desember in Abu Dhabi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Hoop sy knie hou dit en dat hy tyd sal kry om sy belasting te betaal

koos10 ·

Kobus, Lewis is deur die Britse owerhede ondersoek en kon geen bewys van belasting ontwyking kry nie.
Sy knie is ‘n ander storie.

Elinette ·

Ek kan nie verstaan dat ‘n vervalle land soos RUSLAND die geleentheid kry om ‘n F1 wedren aan te bied nie, maar SA word oor die hoof gesien nie ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.