Van Dyk vat Protea-afrigtersleisels vas

Die nuwe Protea-afrigter, Jenny van Dyk, in die SuperSport-ateljee. (Foto: X/Netball SA)

Jenny van Dyk is as die nuwe Protea-netbalafrigter aangewys. Die aankondiging is vandag regstreeks vanuit die SuperSport-ateljee in Randburg gemaak.

Van Dyk is ongetwyfeld ʼn afrigter wat daarvan hou om wedstryde te wen – vra maar net vir Tuks en die Jaguars – en die nasionale netbalringkoppe sal duim vashou dat sy ʼn soortgelyke breiersvertoning saam met die Proteas kan lewer.

Sy het ʼn seisoen of twee gelede die eerste afrigter geword om in dieselfde jaar die nasionale kampioenskap, die Varsity-netbalreeks en die Brutal Fruit-toernooi saam met haar betrokke span te wen.

Van Dyk sal die leisels by Norma Plummer oorneem nadat die 79-jarige Aussie in Desember haar uittrede as afrigter aangekondig het.

Sy sal deur Zanele Mdodana, ʼn voormalige Protea-kaptein, bygestaan word en hulle sal aan die stuur van sake tot die volgende Wêreldbeker-toernooi in Australië wees.

Suid-Afrika is tans vyfde op die amptelike internasionale netbalpunteleer en plaaslike netbalondersteuners sal hoop dat die span hoër hoogtes onder Van Dyk se toesig sal bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

Jenny,sonder om pessimisties te wees,by die Proteas gaan jy nie suksesvol wees nie.Jy gaan nie die beste span kan kies nie so maak vrede daarmee en kom daaroor.

piet ·

Die gesoute Australiese afrigter was dan nie eers suksesvol met die spulletjie nie. Kan nie eers vir Uganda klop nie. Kry ander spelers, nie ‘n ander afrigter nie.

piet ·

Casper omtrent die hele span is wit ne, jy weet dit mos. Ek dink omtrent net die kaptein (wat goed was en nou uitgetree het) was die enigste swartspeler in die beginspan so hoe dan nou?

Vrijburger ·

Piet jy gorrel nou ne, jy weet dit mos. Gaan kyk weer na die span, dan probeer jy weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.