Varsity-netbal: stryd om uitspeelplekke neem toe

Varsity_Sports_SA_LogoDie vierde Varsity Netbalreeks se ligarondes is die naweek by die halfpadmerk verby en die wedloop om plekke in die uitspeelrondes neem nou met mening toe.

Met die vierde en vyfde rondes wat Sondag en Maandag gespeel word, bly daar dan nog net twee wedstryde vir elk van die agt spanne oor voordat die uitspeelrondes op 10 Oktober begin.

Ná drie rondes van die reeks is UP-Tuks en die verdedigende kampioen, die NWU-Pukke, boaan die puntelys met net ʼn bonuspunt wat Tuks eerste plaas. Die Madibaz van Port Elizabeth het ʼn gemaklike voorsprong bo UJ in die vierde plek wat net een punt voor Kovsies in die vyfde plek is, en die Maties volg met ʼn swakker punteverskil in die sesde plek.

Ikeys is in die sewende plek en die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) het nog geen punte verdien nie.

♦ Die vierde ronde word Sondag in die Coetzenburgse binnemuurse sentrum op Stellenbosch gespeel. Die twee voorlopers, Pukke en die jong Tuksspan, kom dan teen mekaar te staan. Die Maties teen UJ sal sekerlik ook vir ʼn opwindende wedstryd sorg.

Met die reeks wat nou in intensiteit toeneem, kan die Madibaz met twee oorwinnings die naweek teen onderskeidelik VUT en die Kovsies in die tweede plek inskuif. Die Kovsies staan self sterk in die stryd om ʼn uitspeelplek.
Die vyfde ronde word Maandag, ook in Stellenbosch, gespeel.

Puntestand ná die derde ronde:

SPANSWGVPVBPPUNTE
UP Tuks330058315
NWU Puk330071214
Madibaz320113210
UJ3102-2626
UVS Kovsies31021015
Maties3102015
UCT Ikeys3102-3715
VUT3003-8900
SPANSWGVPVBPPUNTE
1UP Tuks Netbal330058315
2NWU Puk Netbal330071214
3Madibaz Netbal320113210
4UJ Netbal3102-2626
5UFS Kovsies Netbal31021015
6Maties Netbal3102015
7UCT Ikeys Netbal3102-3715
8VUT Netbal3003-8900

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.