Varsity-netbalreeks: Stryd om uitspeelplekke in die pylvak

NWU Pukke v VUT: JoMari Myburg van NWU tydens die 2016 Varsity-netbalreeks in Kaapstad (18 September 2016 by die Maties-sportsentrum) Foto: Luigi Bennet/SASPA via VarsitySportsSA.com

NWU Pukke v VUT: JoMari Myburg van NWU tydens die 2016 Varsity-netbalreeks in Kaapstad (18 September 2016 by die Maties-sportsentrum) Foto: Luigi Bennet/SASPA via VarsitySportsSA.com

Maandag se voorlaaste ronde van die 2016 Varsity-netbalreeks sal nie net hewige wedywering bring nie, maar kan ook deurslaggewend wees in die wedloop na die uitspeelrondes.

Tuks is na die eerste vyf rondes die voorloper met 25 ligapunte, met die Pukke as die verdedigende kampioen kort op hulle hakke met 20 punte. Dié twee spanne het reeds in die vierde ronde teen mekaar gespeel. Tuks het Pukke toe 52-48 geklop.

Kovsies, Maties en die Madibaz het almal 15 punte met nog twee wedstryde oor om hulle posisie op die puntelys te verbeter.

Dis onwaarskynlik dat UJ (7 punte) steeds die halfeindstryde kan haal. Ikeys (5) en VUT (nul) is totaal uit die wedloop.

♦ Tuks, die enigste onoorwonne span, speel Maandag teen die Madibaz wat tans vyfde op die puntelys is. Tukkies het ʼn tuisvoordeel in die Rembrandtsaal in Pretoria. Kovsies, derde op die puntelys, en UJ speel ook in Pretoria teen mekaar.

Daar word ook twee wedstryde op Coetzenburg gespeel. Maties speel teen VUT en NWU Puk speel teen UCT Ikeys. Die Stellenbossers en die Pukke sal na verwagting albei vyf punte in hulle wedstryde verdien en hul uitspeelplekke bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.