Varsity-netbalreeks: Voorlaaste kans om te oortuig

Foto: Johann Meintjies

Daar is nog net twee rondes oor in vanjaar se Varsity-netbalreeks, maar dit is byna ʼn uitgemaakte saak dat Tuks, Maties, Kovsies en die NWU Pukke tot die uitspeelrondes sal deurdring.

Dit volg nadat hulle almal groot oorwinnings behaal het in Sondag se kragmetings wat in die Rembrandt-saal by die Universiteit van Pretoria gespeel is.

Tuks, die enigste onoorwonne span ná vyf wedstryde (25 punte), het UJ, wat die laaste plek (1 punt) beklee, met 62 – 33 oorrompel. Tuks se Lungile Mthembu is as speler van die wedstryd aangewys.

Maties, wat tweede op die puntelys is met 20 punte, het die Universiteit van Wes-Kaapland (4 punte) met 78 – 22 verslaan. Nichole Taljaard van die Maties is as speler van die wedstryd aangewys.

Kovsies (ook 20 punte) is derde op die puntelys en het hul kragmeting met Port Elizabeth se Madibaz (10 punte) met 70 – 41 gewen. Lefrébe Rademan (Kovsies) is as speler van die wedstryd aangewys.

Die NWU Pukke (17 punte) het hul wedstryd teen TUT (5 punte) met 77 – 13 gewen, met die Pukke se Londela Buthelezi wat as speler van die wedstryd gekroon is.

Maandag se bepalings (weer in die Rembrandt-saal by Tuks): Madibaz teen TUT; Maties teen UJ; Kovsies teen UWK; en Tuks teen NWU Pukke.

Die laaste kragmetings in die uitspeelrondes word op 23 September beslis en die halfeindrondes vind op 30 September plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karli ·

Weet nogsteeds nie wie het die mooier bene nie, netbal of hokkie:D mmm netbal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.