Verstappen gee Red Bull vlerke

Max Verstappen. Foto: Darko Vojinovic/AFP.

As jy ooit gewonder het of ’n energiedrankie werklik vir ’n mens vlerke gee, moes jy net vandag na Max Verstappen se poging op in Oostenryk gekyk het.

Die 23-jarige renjaer was van die begin tot die einde die voorloper en toe die geruite vlag ná 71 rondes vir hom swaai, het hy vir Lewis Hamilton met amper 36 sekondes ore aangesit.

“Dit was ongelooflik. Die kar was aan die brand vandag!” het ’n opgewonde Verstappen oor die radio gesê kort nadat hy sy vierde wedren van die seisoen gewen het.

Die ervare Hamilton het alles in sy vermoë gedoen om sy Red Bull-teenstander te vang, maar hy moes amper magteloos toekyk hoe Verstappen sy voorsprong met byna elke ronde rek.

Hoewel Valtteri Bottas die wedren in die derde plek voltooi het – nadat hy eers ’n kwaai aanslag van Red Bull se Sergio Perez moes afweer – was dit die eerste keer sedert 2014 dat Mercedes vir vier agtereenvolgende wedrenne nie heelbo op die podium kon eindig nie.

“Dit was nogal ’n eensame wedren gewees. Ek het probeer om by hom te bly, maar Red Bull beskik oor ongelooflike spoed en hulle moes in die afgelope paar wedrenne ongetwyfeld ’n verstelling of twee gemaak het,” het Hamilton gesê.

Die renjaers bly in Oostenryk vir volgende week se wedren en volgens Verstappen sal Red Bull sy voet op die versneller wil hou.

Die span kry dit deesdae baie goed reg.

  • Uitslae:
  1. Max Verstappen (Red Bull)
  2. Lewis Hamilton (Mercedes)
  3. Valtteri Bottas (Mercedes)
  4. Sergio Perez (Red Bull)
  5. Lando Norris (McLaren)
  6. Carlos Sainz (Ferrari)
  7. Charles Leclerc (Ferrari)
  8. Lance Stroll (Aston Martin)
  9. Fernando Alonso (Alpine)
  10. Yuki Tsunoda (Alpha Tauri)
  • Puntestand op die kampioenskap-punteleer:
  1. Max Verstappen 156 punte
  2. Lewis Hamilton 138 punte
  3. Sergio Perez 96 punte
  4. Lando Norris 86 punte
  5. Valtteri Bottas 74 punte
  6. Charles Leclerc 58 punte
  7. Carlos Sainz 50 punte
  8. Pierre Gasly 37 punte
  9. Daniel Ricciardo 34 punte
  10. Sebastian Vettel 30 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

hier moes Hamilton alweer sy knieg buig maar die keer vir Verstappen.

Vonkprop ·

En so word Hamilton terug gebring aarde toe na drie ongelooflike renne. Skoenmaker hou jou by jou lees. Hier is die bewys dat Hamilton se volle aandag nie meer by sy werk is nie, maar by BLM. Snaaks hoe vinnig dinge verander as jy jou met onnodige dinge besig hou. Ek het glad nie van Max gehou nie, want in die begin was hy baie arrogant, en ja hy is nog steeds, maar ek het respek vir hom gekry met sy ongelooflike dryfkrag en deursettingsvermoë. Max het nou bloed geruik en niks gaan hom keer nie.

andre ·

En nou wil Honda hul engins aan F1 onttrek ,ek verstaan nie

commontar ·

Asb kry net die feite reg: “die eerste keer sedert 2014 dat Mercedes vir vier agtereenvolgende wedrenne nie bo-op die podium kon eindig nie”. Hamilton was dan in Frankryk (die vorige F1) op die podium, 2de?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.