Verstappen gestraf ná botsing met Hamilton

(Foto: ANDREJ ISAKOVIC/AFP)

Max Verstappen is met drie posisies op die wegspringrooster vir die komende Russiese Grand Prix gestraf.

Daar is bevind dat Verstappen “hoofsaaklik die skuld dra” vir Sondag se ongeluk met Lewis Hamilton tydens die Italiaanse Grand Prix.

Hamilton het die kuipe besoek en hom toe langs Verstappen op die baan aangesluit. Verstappen het die Brit probeer verbysteek waarna die agterwiel van sy renmotor kontak met Hamilton se Mercedes gemaak het. Verstappen se regteragterband het Hamilton se kop rakelings gemis en al twee renjaers se wedren was verby.

“Ek voel baie gelukkig vandag,” het Hamilton ná die ongeluk gesê. “Dank God vir die ‘halo’ (veiligheidsraam of -krans) wat my en my nek gered het.

“Ek is so dankbaar dat ek steeds hier is. Ek voel ongelooflik geseënd dat iemand vandag oor my gewaak het. Ek dink nie ek is al ooit deur ʼn motor op die kop getref nie en dit was nogal ʼn groot skok vir my,” het Hamilton gesê.

“Ons waag risiko’s, en dit is slegs wanneer ʼn mens so iets ervaar dat jy die werklike skok kry van hoe jy na die lewe kyk en hoe broos ons almal is.”

Toto Wolff, hoof van die Mercedes-span, het in reaksie gesê: “Die kampioenskap was tot nou toe baie pret, maar ons het gesien hoe die ‘halo’ vandag Lewis se lewe gered het. Ons wil nie sien dat iemand ernstig beseer word nie.”

ʼn Omgekrapte Verstappen het ná die ongeluk uit sy motor geklim en, sonder om links of regs te kyk, na sy span gestap.

“Dit is wat gebeur wanneer jy nie vir iemand genoeg spasie gun nie,” het die Red Bull-renjaer later gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Groot ongeluk, maar verstaan nie die ongeluk versus wat Hamilton gedoen het nie- Verstappen word baie swaar gestraf. As iemand my kan verduidelik, Met altwee se ongelukke in gedagte.

Helgard ·

Hamilton was teen hoer spoed en net Verstappen uitgeneem en is gestraf met 10 sekonde penalty.

Verstappen was laer spoed en albei is uitgeneem en het laer vlak straf gekry, as hy nog in die race was so dit 5 sekonde penalty gewees het maar aangesien hy ook uit is word die ekwivalente 3 grid penalty gegee.

My eie opinie as jy na die replays kyk en na seksie 20 reels in F1 was albei drywers 50/50 verantwoordelik in albei ongelukke en moes nie een van die 2 gestraf word nie.

Kobus ·

Is die reel nie dat daar ‘n motor breedte tussen hulle in drai moet wees nie? Wie was binne en wie was buite?

Helgard ·

Nee, hang af van die draai waar die kar wat van agter af kom relatief tot die voorste kar is en waar albei karre begin briek relatief tot die draai.

Richard ·

Mercedes het seker meer invloed as Red Bull. Dit is seker ook hoekom Hamilton nie op Silverstone gestraf is nie.

koos10 ·

Ek is verstom oor die “magdom” kennis wat hier by die kommentaar uitkom. Hamilton is gestraf. 10 sekondes is ‘n meduim straf volgens F1 reëls. 3 plekke straf is lig in F1 terme.
MM plaas nie my kommentaar nie, wat ek glo objektief is, daarom sal ek niks verder sê of tik nie!

N ·

Hamilton is mos n groot voorstaander van BLM. Dit maak hom ‘untouchable’. Max het met spoed in gekom. Hamilton het uit die pits uit gekom en hom dadelik af gesny en toe uit gedruk op draai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.