Verstappen wen voor ’n see van oranje ondersteuners

Foto: Andrej Isakovic/AFP.

Red Bull se Max Verstappen het vandag van begin tot einde in Oostenryk voorgeloop om sy derde agtereenvolgende sege – en die vyfde van die seisoen – te behaal.

’n See van Nederlandse F1-geesdriftiges getooi in oranje het trots toegekyk hoe hy sy voorsprong bo Mercedes se Lewis Hamilton tot 32 punte gerek het.

Daarbenewens het Valtteri Bottas en Lando Norris se vertonings die 36-jarige verdedigende wêreldkampioen weg van die podium gehou nadat sy motor skade opgedoen het toe hy oor die randversperrings gejaag het.

“Dit voel ongelooflik, die motor is briljant en die hele span het hulself uitstekend van hul taak hier in Oostenryk gekwyt,” het Verstappen gesê.

Max Verstappen. Foto: Christian Bruna/AFP.

Maar waar die Red Bull-renjaer sonder enige bekommernis na die wenstreep gejaag het, was daar hope aksie in sy tru-spieëltjie.

Soos wat die renjaers om plekke gestoei het, het hulle mekaar van die pad gedwing.

Sergio Perez – Verstappen se Red Bull-spanmaat – het vroeg probeer om vir Norris aan sy buitekant verby te steek, maar die McLaren-renjaer het verbete teruggeveg; net om homself ’n straf van vyf sekondes op die hals te haal.

Perez is egter later in sy tweestryd met Ferrari se Charles Leclerc twee keer vir presies dieselfde oortreding gestraf.

Ná vyf agtereenvolgende seges – die geruite vlag het in Azerbeidjan vir Perez geswaai – is Red Bull ongetwyfeld die span om dop te hou en hulle is ook 44 punte bó Mercedes in die spankompetisie.

Maar soos wat hul spanbaas Christian Horner vroeër gewaarsku het, enigiets is nog moontlik.

  • Uitslae:
  1. Max Verstappen (Red Bull)
  2. Valtteri Bottas (Mercedes)
  3. Lando Norris (McLaren)
  4. Lewis Hamilton (Mercedes)
  5. Carlos Sainz (Ferrari)
  6. Sergio Perez (Red Bull)
  7. Daniel Ricciardo (McLaren)
  8. Charles Leclerc (Ferrari)
  9. Pierre Gasly (AlphaTauri)
  10. Fernando Alonso (Alpine)
  • Puntestand op die kampioenskap-punteleer (bestuurders):
  1. Max Verstappen 182 punte
  2. Lewis Hamilton 150 punte
  3. Sergio Perez 104 punte
  4. Lando Norris 101 punte
  5. Valtteri Bottas 92 punte
  6. Charles Leclerc 62 punte
  7. Carlos Sainz 60 punte
  8. Daniel Ricciardo 40 punte
  9. Pierre Gasly 39 punte
  10. Sebastian Vettel 30 punte
  • Puntestand op die kampioenskap-punteleer (vervaardigers):
  1. Red Bull 286 punte
  2. Mercedes 242 punte
  3. McLaren 141 punte
  4. Ferrari 122 punte
  5. AlphaTauri 48 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SomeOne ·

mooi verstappen, dit moet gedoen word, wys merc jou uitlaatpype

Elinette ·

Mooi man!!!! LH se BLM weeg seker bietjie te swaar vir hom, dié dat hy besig is om in die vergetelheid weg te sink …

Belinda ·

Sjoe maar daai vlae is pragtig… Laat my dink aan n iets wat eens pragtig was…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.