Die tweede wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks is Sondagaand in Bahrein afgehandel en Sebastian Vettel (Ferrari) het die wedren net voor die neus van Valterri Bottas (Mercedes) weggeraap.
Ferrari (Sebastian Vettel en Kimi Raikkonen) het eerste en tweede weggespring. Die verdedigende kampioen, Lewis Hamilton (Mercedes), het negende weggespring nadat hy met vyf posisies gestraf is ná sy span Vrydag sy motor se ratkas moes vervang.
Wegspringrooster:
Pos | Renjaer | Span | Tyd | Straf |
1 | Sebastian Vettel | Ferrari | 1:27.958 | |
2 | Kimi Raikkonen | Ferrari | 1:28.101 | |
3 | Valterri Bottas | Mercedes | 1:28.124 | |
4 | Daniel Ricciardo | Red Bull | 1:28.398 | |
5 | Pierre Gasly | Toro Rosso | 1:29.329 | |
6 | Kevin Magnussen | Haas F1 | 1:29.358 | |
7 | Nico Hulkenberg | Renault Sport | 1:29.570 | |
8 | Esteban Ocon | Force India | 1:29.874 | |
9 | Lewis Hamilton | Mercedes | 1:28.220 | -5 |
Met die wegspring het Vettel sy eerste plek behou, maar Kimi Raikkonen is deur Valteri Bottas verbygesteek. Lewis Hamilton het gou van negende opgeskuif na die derde plek. Vettel het net een keer bande geruil terwyl sy spanmaat Raikkonen halfpad deur die wedren tou opgegooi het. Vettel het voortgegaan en in sy Ferrari die wedren met ʼn breukdeel van ʼn sekonde gewen. Die twee Mercedes-jaers, Valterri Bottas en Lewis Hamilton, was tweede en derde.
Vir meer inligting klik hier.
Raikonnen het na 36 rondtes in die kuipe ingetrek om sy bande om te ruil.Hy is die groen lig gegee om weg te trek terwyl hul nog besig was met ‘n agterband.Die het die werktuigkundige getref en sy been gebreek.
Dit het Raikkonen ‘n plek gekos.