Vettel meen jong Schumacher het ’n blink toekoms

Sebastian Vettel en Mick Schumacher. Foto: Christian Bruna/AFP.

Ten spyte van ’n sukkelseisoen by Haas glo Sebastian Vettel dat ’n blink toekoms op Mick Schumacher wag.

“Dit is alombekend dat Haas die swakste renmotor is. Ek haal my hoed vir Mick af omdat hy kalm en gemotiveerd in só ’n moeilike situasie bly. Ons praat gereeld en ek glo hy het ’n positiewe invloed op die span,” het die viermalige wêreldkampioen gesê.

Die 34-jarige Duitser wil ook ’n rolmodel vir die jong renjaer wees; Michael Schumacher het hom immers destyds baie gehelp.

“Ek sal hom met graagte bystaan – maak nie saak of dit op die renbaan of met lewenskwessies is nie. Tog is dit ook terselfdertyd baie belangrik dat hy sy eie pad moet vind. Michael was destyds van onskatbare waarde toe ek vir hom raad gevra het, en ek wil dieselfde vir Mick doen.”

Hoewel die 22-jarige nog vir die voorsienbare toekoms by Haas sal bly, droom hy om eendag agter die stuur van ’n Ferrari te klim.

“Daar is soveel geskiedenis. Ek dink die Schumacher‑Ferrari-kombinasie is baie spesiaal en ek hoop ons kan dit weer in die toekoms laat herleef,” het Schumacher gesê.

  • Hoe die jongste jaerspunteleer lyk:
  1. Lewis Hamilton (Mercedes)
  2. Max Verstappen (Red Bull)
  3. Valtteri Bottas (Mercedes)
  4. Lando Norris (McLaren)
  5. Sergio Perez (Red Bull)
  6. Carlos Sainz (Ferrari)
  7. Charles Leclerc (Ferrari)
  8. Daniel Ricciardo (McLaren)
  9. Pierre Gasly (AlphaTauri)
  10. Fernando Alonso (Alpine)
  11. Esteban Ocon (Alpine)
  12. Sebastian Vettel (Aston Martin)
  13. Lance Stroll (Aston Martin)
  14. Yuki Tsunoda (AlphaTauri)
  15. George Russell (Williams)
  16. Nicholas Latifi (Williams)
  17. Kimi Raikkonen (Alfa Romeo)
  18. Antonio Giovinazzi (Alfa Romeo)
  19. Mick Schumacher (Haas).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jasper

Sy pa was ook daar gewees en toe word hy ‘n legende gee kans .