Vettel sê nee vir Russiese Grand Prix

Sebastian Vettel. Foto: Lluis Gene/AFP.

Sebastian Vettel, die viermalige F1-wêreldkampioen, het te midde van Rusland se aggressiewe militêre optrede in Oekraïne gesê dat hy nie deel van Grand Prix-aksie in dié land sal wees nie.

Die Russiese Grand Prix is veronderstel om op 25 September plaas te vind.

“Ja, daar is ’n Russiese wedren op die F1-kalender, maar ek sal nie gaan nie. Ek dink dit is nou verkeerd om in Rusland deel te neem,” het Vettel gesê.

Die 34-jarige renjaer het ook Wladimir Poetin se leierskap gekritiseer.

“Ek is jammer vir al die onskuldige mense wat hulle lewens verloor. Hulle word om dom redes en vir baie vreemde en mal leierskap doodgemaak.”

Volgens Sky Sports moet die FIA nog ’n finale besluit oor die Russiese Grand Prix neem.

“F1 hou die verwikkelinge fyn dop en daar is nog geen definitiewe kommentaar oor die geskeduleerde wedren in September nie. Ons sal voortgaan om die situasie deurgaans te monitor,” het die motorsport-beheerliggaam gesê.

Vettel weet egter reeds wat hy gaan doen.

“Daar gaan nog baie gesprekke hieroor wees, maar ek is baie hartseer oor al die onnodige dinge wat nou in Oekraïne gebeur. My besluit is reeds geneem.”

Rusland het gister met ’n volskaalse inval van sy buurland begin.

Verskeie ontploffings is vroegoggend in Oekraïne se hoofstad Kiëf en verskeie stede naby die veglinie gehoor nadat president Poetin ʼn militêre operasie aangekondig het.

F1-skedule:

20 Maart: Bahrein

27 Maart: Saoedi-Arabië

10 April: Australië

24 April: Italië

8 Mei: VSA

22 Mei: Spanje

29 Mei: Monaco

12 Junie: Azerbeidjan

19 Junie: Kanada

3 Julie: Groot-Brittanje

10 Julie: Oostenryk

24 Julie: Frankryk

31 Julie: Hongarye

28 Augustus: België

4 September: Nederland

11 September: Italië

25 September: Rusland

2 Oktober: Singapoer

9 Oktober: Japan

23 Oktober: VSA

30 Oktober: Mexiko

13 November: Brasilië

20 November: Abu Dhabi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vonkprop ·

Asseblief ja!!! Maar met ons regering gaan ‘n kaartjie seker R30 000 kos met al hulle belastings en red tape.

anniekiewiet ·

En die morsjorse van ons mooi land die kans gee om ons skaam te maak vir die swak organisasie met alles hierso?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.