Video: Kyk hoe ry Mick sy pa se Ferrari

Mick Schumacher in sy pa se Ferrari. (Jennifer Lorenzini, Pool via AP)

Die 21-jarige Mick Schumacher het Sondag in sy pa, die F1-legende Michael Schumacher, se bloedrooi Ferrari F2004-renmotor om die Mugello-renbaan in Italië gejaag.

Dit was alles deel van Ferrari se 1 000ste Grand Prix-viering om hulde aan hul beste motor en bestuurder te bring. Maar as ʼn mens na die fluisteringe in Ferrari-raadsale luister, is daar ’n moontlikheid dat die jong Schumacher ook binnekort in sy pa se F1-spore kan volg.

Mick is tans deel van Ferrari se F2-span en hy het onlangs sy wedren in Monza gewen. Benewens daardie eerste plek was hy reeds ses keer op die podium vanjaar.

“Ek dink daar is ’n moontlikheid dat hy volgende jaar by F1-wedrenne in aksie kan wees,” het Mattia Binotto, Ferrari-spanhoof, gesê.

Mick Schumacher. (AP Photo/Kamran Jebreili)

“Ons is baie tevrede met sy vertonings vanjaar, maar hy moet ook op sy F2-verpligtinge konsentreer omdat hy ’n kans staan om die titel te wen.”

Intussen het die voormalige Ferrari-baas, Jean Todt, weer eens vir Michael Schumacher by sy huis in Switserland besoek.

Die 51-jarige F1-legende het in 2013 ernstige kopbeserings opgedoen ná ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe. Hoewel bitter min inligting oor sy toestand bekend is, sou hy vroeër ’n operasie ondergaan het om sy senuweestelsel te herstel.

“Ek het vir Michael verlede week gesien en hy is ’n vegter soos altyd,” het Todt gesê.

“Hy het ’n ongelooflike vrou aan sy sy, hy het sy kinders en verpleërs; ons kan hom en sy gesin net sterkte toewens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokerboom ·

Pragtig. Michael sal; altyd die F1 ikoon in sy rooi Ferrari bly!!!

Patch ·

Ons gesin is GROOT Ferrari en Schumacher aanhangers. Micheal het diep spore in F1 getrap en ek hoop van harte dat Mick sy pa se skoene kan volstaan as hy die geleentheid kry. So jammer Vettel verlaat Ferrari. Hy is my jongste se F1 held.
Ek glo dit was ‘n groot eer vir Mick om sy pa se Ferrari te bestuur en dat die emosie hoog geloop het.

Simon ·

Wonderlik om te sien dat die DNA in hierdie jong man bly sit het! Ek hou hom dop in F2 en hy maak goeie opgang. Die grootste teleurstelling is egter dat Ferrari nie hule eie huis in orde het om sulke talent, die van Vettel en Le Clerc ook, in een rigting kan laat trek nie. Binotto lyk nie na die regte spanbestuurder om die werk te doen nie. My hoop is dat die Tifosi se span hul huis in orde sal kry en ‘n kompeterende kar op die bane van die wêreld sal hê in 2021. F1 kort ‘n vinnige Ferrari, net soos rugby ‘n goeie WP en Bulspan moet hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.