
Sebastian Vettel het met die opruimingswerk op Silverstone gehelp. Foto: Twitter.
Terwyl Max Verstappen en Lewis Hamilton se tweestryd op die renbaan die koerante se hoofopskrifte haal, verdien Sebastian Vettel se optrede ná Sondag se Britse Grand Prix net so veel nuusdekking.
Die voormalige wêreldkampioen en Aston Martin-renjaer moes in die 40ste ronde hom aan die Grand Prix op Silverstone onttrek, maar hy het agtergebly om met die opruimingswerk uit te help. En met 140 000 toeskouers wat die aksie vanuit hul pawiljoensitplekke gevolg het, was dit g’n maklike taak nie.
“Ek dink dit is belangrik om respek vir die omgewing te hê en nie alewig op ander staat te maak om alles op te ruim nie. Ons moet iewers begin en elkeen kan op sy eie manier ’n verskil maak,” het Vettel gesê.
Sunday evening at Silverstone. The #BritishGP weekend is over.
But for Seb, the race for the planet never ends. ???? pic.twitter.com/XLHfDQYqL2
— Aston Martin Cognizant F1 Team (@AstonMartinF1) July 19, 2021
Die 34-jarige Vettel is onder meer ’n ambassadeur vir BioBienenApfel, ’n projek wat poog om nuwe habitats vir bye te skep. In Oostenryk het hy saam met skoolkinders gewerk om ’n byehotel in die vorm van ’n F1-renmotor te maak.
Hy was gister weer op Silverstone om te kyk hoe die opruimingsproses vorder, terwyl hy in die Verenigde Koninkryk sal bly om die herwinningspoging te volg.
Tog was hy teleurgesteld met sy vertoning in die Britse Grand Prix.
“Dinge het baie belowend gelyk en as dit nie vir al die probleme was nie, sou ek ranglyspunte gekry het.”
Die Duitser is tans in die tiende plek op die punteleer met 30 punte.
So while the F1 Twitter experts throw the usual bitter remarks to what was without doubt an outstanding weekend Seb just leads the way on how to behave… #f1 #silverstone pic.twitter.com/pcbIFPiYxs
— Heather West (@Heatheranwest) July 18, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Goeie werk
Dis nou ‘n goeie voorbeeld
Respek.
Sien eerder LH in die rol…..
Briljant…… het lank al respek vir hamilton verloor