[Video] Wimbledon-skeidsregter loop deur onder woedende speler

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Serwiese tennisspeler Viktor Troicki het ʼn herrie ontketen toe hy uitgevaar het teen ʼn skeidsregter wie se omstrede besluit hom in die tweede ronde van die Wimbledon-toernooi uitgeskakel het.

Troicki het teen die Spanjaard Albert Ramos-Vinolas gespeel.

Dié twee was gelykop ná die eerste vier stelle en die vyfde stel was 5-3 in Ramos-Vinolas se guns toe die skeidsregter die wedstrydpunt aan die Spanjaard toegestaan het. Troicki het gemeen die bal was uit.

Hy het die bal by die baljoggie gegryp en na die skeidsregter gestap en geskree “Look at it! What! You’re the worst umpire ever in the world!” Hy het hom probeer wys dat die bal definitief uit was en dat daar geen wit verf op die bal afgekom het van die lyn nie. Daarna het hy die bal met mening in die skare ingemoker.

Toe die Spanjaard deur die skare gejuig is, het Troicki weer na die skeidsregter gestap en op hom geskree: “Do you know what you did? You’re horrible! What are you doing here? You made dirty mistakes here today, not just for me but for him also”. Die skeidsregter het hom tevergeefs gemaan om te bedaar anders gaan hy veiligheidswagte ontbied. Die skare het die hele petalje op hul selfone afgeneem.

Ramos-Vinolas het die wedstryd met 3-6, 6-3,6-3,2-6,6-3 gewen.

https://youtu.be/zZeh-z7B_Ec

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Gaan ‘vries’ daardie bal en sien dat dit op die wit lyn is en sodoende IN is.
Troicki het sy naam toffie gemaak.
Ek sal ook egter die amptelike foto wil sien.
Hy laat my dink aan onse vriend John McEnroe.

John ·

Kyk na video. Daai bal is Wyd uit. Gin wonder die ou gaan tekere nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.