Voorloper Jaguars teen moeilike Flames in Premier-netballiga

Die derde ronde van die Premier-netballiga word Vrydag by die Universiteit van Kaapstad voortgesit met die voorlopers, die Jaguars van Noord-Gauteng en die Southern Stings van die Wes-Kaap, wat albei ná drie wedstryde onoorwonne op ses ligapunte is.

Die Jaguars is egter eerste op die puntelys met ʼn veel beter punteverskil as dié van die Stings (117 teenoor 53).

♦  Die eerste wedstryd Vrydagaand (18:00) is tussen die Limpopo Baobabs en die Gauteng Golden Fireballs. Die Baobabs is met vyf punte in die derde plek op die puntelys, een voor die Fireballs se vier.

♦  In die tweede wedstryd (20:00) speel die Flames teen die Jaguars. Die Flames is ná ronde twee in die vierde posisie met vier punte, en ’n taai stryd word verwag.

Dié wedstryd word regstreeks op SuperSport se kanaal 210 gebeeldsend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.