Land se voorste skole by Klofies se netbalfees

Van die voorste netbalskole in die land sal van Saterdag af aan die negende Barloworld Klofienetbalfees by die Hoërskool Waterkloof deelneem.

“Die oogmerk van die Barloworld Klofie-netbalfees is om vir vier dae opwindende netbal te speel en nuwe vriendskapsbande te smee.  Dit bied ook aan afrigters die geleentheid om hul spankeuse en -formaat te finaliseer.  Vir speelsters lê die voordeel daarin dat hul nuwe tegnieke aanleer, blootstelling aan spanne en speelsters van eie krag geniet en pitkos vir die oudag bymekaarmaak,” sê me. Eleanor du Toit, netbaldirekteur van Hoërskool Waterkloof.

Skole wat sal deelneem kom selfs van Namibië.

Deelnemende skole: Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen, Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch, Hoërskool Brackenfell van Kaapstad, Hoërskool Diamantveld van Kimberley, Hoërskool Duineveld van Upington, Hoërskool Durbanville van Kaapstad, Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein, Hoërskool Hugenote van Wellington, Hoërskool Kanonkop van Middelburg, Hoërskool Lichtenburg,  HTS Middelburg, Hoërskool Noordkaap van Kimberley, C & N Meisieskool Oranje van Bloemfontein, Hoërskool Outeniqua van George, Paarl Gimnasium, Hoër Meisieskool Paarl, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Sentraal van Bloemfontein, Hoërskool Stellenberg van Bellville, Hoërskool Voortrekker van Bethlehem en Windhoek Gimnasium.

Waterkloof se eerste netbalspan saam met me. Anell van der Walt (afrigter) en mnr. Daan Potgieter, skoolhoof.(Foto Stefan Venter, skoolfotograaf).png

Skole van nader wat deelneem is die Hoërskool Brandwag, Hoërskool Centurion, Hoërskool Dinamika, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Kemptonpak, Hoërskool Linden, Maragon Privaatskool, die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Overkruin.

♦  Die spanne word krag-teen-krag in groepe ingedeel en speel van 1 tot 5 April elk twaalf wedstryde oor die vier dae van die fees.

Dis ʼn groot affêre, dié netbalfees. In 2016 het sowat 1 140 speelsters, 200 beamptes en 123 spanne aan die fees deelgeneem.  Daar is 27 417 doele in 726 wedstryde oor die vier dae aangeteken.

En elke dag se inspanning het uiteraard hongerte tot gevolg gehad en daar is verlede jaar sowat 5 100 etes oor die tydperk vir die deelnemers voorberei!

♦   Die Barloworld Klofie-netbalfees word via regstreekse beeldsending (live streaming) op verskeie sosiale netwerkplatforms uitgesaai. Dit bied aan ondersteuners wat nie persoonlik die fees kan bywoon nie die geleentheid om die wedstryde te volg.  Hulle word ook van foto’s en uitslae op die platforms voorsien – sodoende bly selfs die ver ondersteuners deel van die fees.

♦   Die aksie kan daagliks op die skool se webblad: www.klofies.co.za; Twitterrekening: @HSWaterkloof; app: Hoërskool Waterkloof en op die Facebookblad: Hoërskool Waterkloof gevolg word.

Die artikel (effens aangepas) is deur die Hoërskool Waterkloof verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lies ·

Ek kan nie wag nie. Dit is super cool. Gaan n ware netbalfees wees. Ek is daar!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.